Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 10 van Meditasie-reeks #Herbesoek


Listen Later

Alle mense leef met “prentjies” van God.  Ons ook.  Ons het almal verwagtinge oor wie God (volgens ons) behoort te wees.  Bekering impliseer juis ook dat God daardie prentjies wil regstel.  

Ek wonder baie keer wat het die omliggende bure van Israel gedink wanneer hulle getuienisse van die God van Abraham, Isak en Jakob gehoor het.  As die gode waarin jy glo met goud en silwer gepaai moes word om rampe te voorkom, hoe verstom moes jy nie wees nie om te hoor dat God, die barmhartig en genadig is, goedhartig en lankmoedig (aldus Eks 34).  Wat sou die volk gedink het as hulle die eerste keer koning Dawid van die Allerhoogste as “my herder” praat.   Vele stoere Israeliete het seker regop gesit! So besorgd oor ons wel en weë soos 'n herder wat ter wille van sy kudde saam oor berge en dale loop. So geliefd dat God ons selfs soos eregaste ontvang. Gewone mense, tuis in die geselskap van God.  Meer nog, dat God mense se geselskap opsoek!  

Dit is sekerlik waarom dit ook so onmoontlik vir mense was om te glo dat Jesus die Messias was.  Die profesie van Jesaja was dat Hy die troon van Dawid sou bestyg (Jes 9:6), en hier kom Jesus op 'n donkie Jerusalem binne. Aan sy kruis hang daar 'n bordjie: “Koning van die Jode”. Dit kan mos nie! G'n wonder Paulus skryf, “Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God” (1 Kor 1:22-24).

Het jy dalk prentjies van God wat weer ondersoek moet word? Dalk is dit iets waaroor ons almal biddend moet nadink.     

GEBED: Drie-Enige God, openbaar aan my waar ek U dalk in my boksie wil laat pas.

KUNS: “Liefde van God” deur Gregorio Sweet (2017) 

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op Dag 10 van ons reeks #Herbesoek luister ons na die pragtige lied "Greater is He" deur een van die nie-hoofstroom (Indie) Christelike musiek kunstenaars, LOVKN.

Uit die liriek:

'Cause greater is He
Greater is He
Greater is He that's in me
Than he that's in the world
When sorrow takеs my hands
Inviting me to run
I bury both my feet
And pray my healing comes
Run ahеad, let me be
Only Jesus sets me free
  
https://youtu.be/s_8lFy10OAg

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout