Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 11 van Meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“As jy wil warm word, staan nader aan die vuur; as jy nat wil word, spring in die water. As jy vreugde, krag, vrede, die ewige lewe wil hê, kom nader, kom selfs tot midde-in die Een wat dit gee.” (C.S. Lewis)
 
Rituele is wonderlike hulpmiddels om ons (wat maklik aan geheueverlies ly) te help onthou. Ons raak vasgevang in ons alledaagse dat ons vergeet dat God by ons is; dat ons rede het om dankbaar te wees. Ons vergeet dat vreugde nie afhang van ons omstandighede nie, maar van wie ons in God is. 

Op ons koffietafel is 'n adventskrans; elke aand steek ons daardie week se kers aan.  Vanaand word die derde kers - die Kers van Vreugde - aangesteek saam met die twee ander kerse wat reeds brand (kerse van hoop en vrede).  Ons kry tyd om met mekaar te gesels oor vreugde; ons bid saam; moedig mekaar aan om draers van vreugde te wees. En natuurlik herinner ons mekaar dat ons nie moet vergeet dat liefde die taal van God is, daarom is vreugde dit ook. 

Die teksvers, “Bid sonder ophou” (1 Tess 5:16 – 1953 vert), ken ons goed.  Maar sien ons ooit raak wat Paulus net voor dit skryf:  “Wees altyddeur bly.” Vreugde en gebed loop hand-aan-hand!  “Julle (moet) toeneem in geloof, en blydskap in julle geloof hê,” bid Paul in die Brief van Vreugde (Fil 1:25). 

Die saad van vreugde ontkniem van binne af. Soek jy dit buite jouself gaan jy dit nie vind nie. Jou omstandighede hoef nie eers ideaal te wees om lewensvreugde te beleef nie, dit hoef selfs nie eers te verander nie. Ander omstandighede mag jou lewe dalk makliker maak, maar nie gelukkiger nie.  

Mag ons in hierdie derde week van Advent (soos Dawid en Paulus) daagliks bid: “U teenwoordigheid sal my met vreugde vul” (Hand 2:28).
 


GEBED: My Here, mag ek op geen plek buiten U na vreugde en vervulling soek nie!


KUNS:  Jyoti Sahi (Indië), “Jesus Offering the Light (Arathi)”, 2004

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent


MUSIEK:  Op Dag 11 van #AdventAvontuur kyk ons na ’n video-opname van die “Lofzang van Maria” gesing deur die 1700 manskoor by die Katwijkse Mannenzang.

Manssang uit die Nieuwe Kerk in Katwijk aan Zee onder leiding van die dirigent Bert Noteboom. Orrelis is Marco den Toom. Elke jaar kom 'n paar duisend mans na Katwijk vir die manssangaande om Psalms, gesange en geestelike liedere saam te sing.

https://youtu.be/HsuKTLnbjwg


POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/



#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout