Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 11 van Meditasie-reeks #Herbesoek


Listen Later

Ek het 'n vriendin wat, vandat ek haar leer ken het, nog nooit 'n dag verby laat gaan, sonder om nie 'n stringetjie pêrels wat sy by haar ma geërf het te dra nie.  Elke dag.  “Ek dra my ma se liefde teen my lyf”, verduidelik sy.  “Dit herinner aan wie sy is, en dit herinner my wie ek is:  my ma se dogter.”  

Dit laat my elke keer dink aan die raad wat Paulus ons gee:  “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid” (Kol 3:12, 1953-vertaling).  Paulus bedoel daarmee, dat ons die eienskappe kenmerkend aan die lewe van Jesus Christus as die eienskappe kenmerkend van jou lewe moet hê.  Trek die klere uit wat nie pas by jou identiteit nie, “en beklee jul met die nuwe mens wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper” (Kol 3:10 – 1953 vertaling).  

In Spreuke 3:21-24 lees ons dat jy wysheid soos 'n juweelstuk om jou hals moet dra.  “Dit sal vir jou 'n mooi lewe verseker en soos 'n pragtige halssnoer vir jou wees; jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie; jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap.” 

Ons lewe as gelowiges gaan oor 'n unieke “styl” wat ons uitkenbaar maak, ongeag die oomblik van die dag, of die omstandighede waarin ons ons mag bevind.  Dit is nie 'n styl wat soms – soos 'n kosbare halssnoer om ons nek gedra word, net om by ander geleenthede af te haal en vir 'n ruk lank in 'n kluis te versteek nie. Nee, klee jou met 'n string pêrels wat nooit afgehaal kan word nie.  Om jou te herinner aan Wie jy behoort en wie jy is!   

GEBED:  Net U kan die ou kleed vernietig en my met die nuwe kleed beklee, Here. 

KUNS:  Miki de Goodaboom, moderne Bybelskilderye, "Preek op die berg Sinai"


POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op Dag 11 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na die musiekvideo van “Hope of the World” wat pas deur Ben Pearson vrygestel is.

Uit die liriek:

Light pieced the darkness   
A babes cry was heard 
A way made for mankind 
The promise fulfilled 
Love like no other  
He came to save 
Hope of the world

https://youtu.be/_RXVLQp3SaE

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout