Sign up to save your podcasts
Or

“Die Here sal julle seën en beskerm …” (Num 6:24)
“Mag die Here jou seën.” Ek wonder soms wat bedoel mense wanneer hulle ‘n gesprek eindig met (gewoonlik die Engelse woord) “blessings.” Dalk moet ek tog eenmaal vra, “wat presies bedoel jy met ‘blessings?’” Is dit jou VERWAGTING dat dit met my baie goed moet gaan? Dankie, ek hoop ook so! Tog weet ons dat ons idee van “baie goed” nie noodwendig ooreenstem met die Bybel se idee nie. Lees 1 Petrus dan sien jy vinnig dat swaarkry baie keer goed is: “Swaarkry is soos vuur wat jou geloof mooi skoon brand” (1 Pet 1:7 ABA-vert).
Om te seën beteken om die naam van iemand uit te spreek. Ons seën mekaar bv. in ‘n erediens “in die NAAM VAN GOD.” Dit is presies hoe die Aäronitiese seën in Numeri 6 eindig: “So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën” (v27). Die volk van God – ons - ontvang die NAAM VAN GOD, wat ons in staat sal stel om … Die “hero” is nie ons wat dit ontvang nie; die “hero” is God! Al die fokus val op God. Daarom verander alles (selfs die slegte situasie) in ‘n loflied nadat jy die seën van God ontvang!
Met die Aäronitiese seën is daar elke keer drie sinnetjies, en elke sinnetjie het twee aksies: God sal “dit” doen én “dit” doen. Gelyktydig. Die een volg op die ander een. God sal jou seën. Per implikasie, God sal jou beskerm. Dit is waarom ons met soveel VERWAGTING die “Oorwinningslied” kan sing, “Die Here is ons vesting wat vir altyd sal bly staan. Hy beskerm elke mens wat in geloof na Hom toe gaan. Hy is vir ons 'n skuiling, Hy't die vyand reeds verslaan. Die rots wat ewig staan.”
GEBED: Dankie vir U NAAM, Heilige God; vir U beskerming. Dankie dat ek my VERWAGTING op U seën kan stel.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 11 van #Verwagting luister ons na “Rock of Ages”, ’n gesang wat Augustus M. Toplady in 1775 gekomponeer het.
https://youtu.be/gM7gt_cSxjw
By Ronell Bezuidenhout“Die Here sal julle seën en beskerm …” (Num 6:24)