Sign up to save your podcasts
Or

“As die volk in 'n geveg betrokke raak, kan hulle dalk spyt kry en na Egipte toe teruggaan. Daarom het God die volk met 'n ompad laat gaan.” (Eks 13:17-18)
Was die lewe maar eenvoudig… Dit laat my wonder, sou die verwagtinge van die Israeliete dalk ook eenvoudig gewees het? Soos ons almal se begeerte seker is. Immers, met God aan ons kant, wie kan teen ons wees, is ons leuse!
Dit is tog so eenvoudig: kortpad – die bekende handelsroete, wat maar twee weke sou duur – reguit tot in die Beloofde Land. Maar, ons lees dat God iets weet wat hulle nie weet nie: “as hulle in 'n geveg betrokke raak” (Eks 13:17), hoe sou 'n volk – vrygelate slawe – hulself teen die magtigste ryk van daardie tyd kan verdedig. Daarom stuur God hulle die woestynpad in. Weg van gevaar. Nou lyk dit dalk vir julle na 'n “’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal julle alles sien soos dit werklik is” (1 Kor 13:12). Die ompad is 'n beter pad.
Almal van ons leef seker maar ompad-langs. Ons ompad-stories mag verskil: die ompad van verlies of drome aan skerwe; die ompad van trauma; “onbeantwoorde” gebede. Almal van ons kom een of ander tyd by 'n (metaforiese) Rooi See wat jou in jou spore stuit. En dan? Dan murmureer jy. “Mur-mur” – dit is hoe mompel klink. 'n Onderlangs gebrom. Die-lewe-is-onregverdig mur-mur. Waarom-díé-woestynpad mur-mur. Verlangend-na-Egipte mur-mur. Kwaad mur-mur. Ek weet jy verstaan, want jy moes dit ook al gedoen het…
Moses hoor die murmureer. Meer nog, God hoor die murmureer. En so lees ons in Eks 16:9 moet Aäron vir die volk sê: “Kom nader voor die aangesig van die Here, want Hy het julle murmureringe gehoor.”
Deurentyd sou Israel dit met hul ompad-reis moes leer: God hoor die murmureer. Kom nader. Leer om God te vertrou. God sal sorg. Al is dit via 'n ompad.
GEBED: As ek tog maar ag slaan, Vader-God, en nader kom.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die twaalfde dag se skildery is Jesus Looking through a Lattice (Jésus regardant à travers le treillis). https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4417
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 12 van #Pelgrims kyk ons na die inspirerende nuwe inspirerende lied “Skuiling” van Bouwer Bosch.
Uit die liriek:
Trek uit jou skoene want die grond waar ons op staan is heilig
ons soek skuiling
geen plek vir woede kan ons dit uitpraat
ons is veilig
https://youtu.be/bXICn2_VVys
By Ronell Bezuidenhout“As die volk in 'n geveg betrokke raak, kan hulle dalk spyt kry en na Egipte toe teruggaan. Daarom het God die volk met 'n ompad laat gaan.” (Eks 13:17-18)