Sign up to save your podcasts
Or

"Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees.” (Num 6:25)
Num 6:25 word op verskeie maniere vertaal. In die “ABA”-vertaling staan daar, “Die Here is naby jou, en Hy is genadig vir jou.” Die Boodskap sê, “Die Here sal met deernis na julle kyk en baie goed vir julle wees.” Aldus die NLV sal die HERE “jou raaksien en vir jou sy liefde gee.” God is ons só goedgesind dat God met ‘n sagte en liefdevolle oog na ons kyk; dit is genade! Die vertaling naaste aan die Hebreeuse teks is die 1953-vertaling: “Die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees.”
Het jy al gesien hoe lyk ‘n ouma se gesig wanneer sy haar kleinkinders na ‘n lang tyd weer sien? Haar ganse gesig verhelder. Asof daar ‘n lig binne haar aangeskakel word die oomblik as hulle by die voordeur staan. Dit is – aldus Num 6:25 – hoe God na ons kyk. En so gaan ‘n Lig dan vir ons aan, net soos die wolk van vuur vir die Israeliete saans die pad deur die woestyn aangedui het (Eks 13:22).
Die Psalmdigter het dieselfde VERWAGTING: “Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sodat die mense op aarde u weg kan ken…” (Ps 67:2-3; 1953). Anders as die volk van God wat nie net hulle gesigte weggedraai het van God nie, maar God heeltemal die rug gekeer het (aldus Jer 32:33), draai God direk na ons toe en kyk ons aan met deernis; so verblindend liefdevol soos net God kan. Hoor dit mooi: God kyk met VERWAGTING na jou en my.
Geen mens hoef soos verdwaaldes te soek na God se wil nie; die Woord is die LIG wat ons direk daarheen lei. Waarom? Want God is genadig!
GEBED: Dankie vir U liefde, deernis en genade! Dankie vir U Lig!
KUNS: William West se skildery “Die Israeliete gelei deur die vuurkolom in die nag”. (1845)
https://youtu.be/ZknbUED8kQM
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
By Ronell Bezuidenhout"Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees.” (Num 6:25)