Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 13 van Meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“Vreugde is die onfeilbare teken van die teenwoordigheid van God” (Pierre Teilhard de Chardin)

'n Mens moet wraggies in ontkenning leef om blind te wees vir die pynlikheid van die lewe. Hoe is dit dan moontlik om – soos Paulus sê – altyd bly te wees (aldus Fil 4:4)?  Daar is soveel rede om oor die lewe te huil.  En as jy dit nie self ervaar nie, moet jy net oorkant die draad kyk. 

Selfs Jesus sê, “salig is hulle wat treur” (Matt 5:4a). Salig is hulle wat die ellende van ander raaksien en nie ongevoelig daaroor staan nie.  Salig is hulle wat help wanneer hulle in staat is en mense nie aan hul eie lot oorlaat nie.  Salig is hulle wat onreg nie net aanvaar nie, maar hul eie gerief op die spel plaas deur teen “verkeerd” op te staan.  Salig is hulle wat nie die boosheid laat floreer nie.

Vreugde en lewensomstandighede loop nie hand-aan-hand nie.  Hoop en vreugde loop wel hand-aan-hand.  Hoor net hoe skryf Paulus, “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed” (Rom 12:12).  Die gemeentelede van Rome was vervolgde christene wat ellende in die ergste graad ervaar het. Dit is aan sulke mense wat Petrus ook geskryf het: “Verheug julle … selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak” (1 Pet 1:6).  Hoe kan jy? Omdat “julle deur die krag van God veilig bewaar … word” (1 Pet 1:5).  

Is jou hoop geplaas in feilbare verganklikheid - dan gaan jou vreugde nooit blywend kan wees nie. Is jou hoop gebou op 'n vaste fondament (wat Christus is, aldus 1 Kor 3:11) - kan geen lewenstorm jou van jou vreugde ontneem nie.  Vreugde is inderdaad die onfeilbare teken van die teenwoordigheid van God! Ongeag die “kort tydjie” se droefheid waarvan Petrus praat.

GEBED:  Vandag verbly ek my in U, Here Jesus. U is my vreugde
KUNS:  Bernardino Luini se “Nativit” ( 1500) tans op uitstalling in Berlyn.  Daar word gesê dat hierdie Noord -Italiaanse skilder saam met Leonardo Da Vinci gewerk het.

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent


MUSIEK:  Op Dag 13 van #AdventAvontuur luister ons na “Wonder (Advent)”. Woorde deur Pedro de la Cruz, musiek deur Colleen Nixon en opgeneem deur Marian Grace (Colleen Nixon and Jimmy Mitchell), op hulle album In the Bleak Midwinter.

Uit die liriek:

 O blessed Mary and dearest Joseph
Allow me to journey with you
To Bethlehem
I am a lowly pilgrim making my way
To the center of history
The birth of Christ the Lord
With unspeakable awe and expectant wonder
I long to behold
I long to behold
I long to behold
The promised Messiah
Time will stand still forever
Divided by the entry
Of the Creator into his creation

https://youtu.be/JBoyltUwCcg

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout