Sign up to save your podcasts
Or

Dit gaan 'n mens se verstand te bowe dat God van mense gebruik maak om God se medewerkers te wees. Sou dit nie beter gewees het om maar van die begin af eerder engele te gebruik nie? Van die eerste bladsye van die Bybel lyk dit asof hierdie storie op 'n ramp gaan afloop, want die mens en sy vrou was duidelik nie geskik nie! God kies bangbroek-profete (gaan kyk maar hoe hardloop Elia vir Koningin Jesebel weg). Later kies God bangbroek-dissipels (de laaste een het weggehardloop toe Jesus gevange geneem was). Paulus – wat geroep is om die Kerk te vestig - sou beslis nie ons eerste keuse gewees het nie!
Moeder Teresa van Kalkutta was duidelik reg toe sy gesê het, “God roep ons nie om suksesvol te wees nie; God roep ons om gehoorsaam te wees.”
In 1 Kor 4:6 staan daar, “God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die duisternis,’ het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.” Net vir ingeval ons oorverseker voel, skryf Paulus: hierdie lig skyn vanuit ons – die breekbare kleipotte. 'n Mens sou dink dat God “beter” sou kon beplan: is ysterpotte nie sterker as kleipotte nie? Is kristalglase nie indrukwekkender as kleipotte nie. Waarom dan? Want, “die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie” (v7).
Einste Moeder Teresa het eenmaal gesê, “Nie almal is geroep om groot dinge te doen nie, maar almal is geroep om die klein dinge getrou te doen.” Bloot daar waar jy leef, of dit in Midrand of Makwassie of Malmesbury is: jy is geroep! Of jy 'n suksesvolle sake-onderneming het, en of jy sonder werk is: laat die Lig skyn, al is daar krake in jou lewe! God sal jou toerus, wees jy net gewillig.
GEBED: Skepper-God; dankie dat ek bruikbaar vir U is, soos ek is!
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 13 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na ’n musiekvideo van die groep We The Kingdom se lied “Light of the World”.
Uit die liriek:
Light of the world
Treasure of Heaven
Brilliant like the stars
In the wintery sky
Joy of the Father
Reach through the darkness
Shine across the earth
Send the shadows to flight
https://youtu.be/tWeXVnRm6R8
By Ronell BezuidenhoutDit gaan 'n mens se verstand te bowe dat God van mense gebruik maak om God se medewerkers te wees. Sou dit nie beter gewees het om maar van die begin af eerder engele te gebruik nie? Van die eerste bladsye van die Bybel lyk dit asof hierdie storie op 'n ramp gaan afloop, want die mens en sy vrou was duidelik nie geskik nie! God kies bangbroek-profete (gaan kyk maar hoe hardloop Elia vir Koningin Jesebel weg). Later kies God bangbroek-dissipels (de laaste een het weggehardloop toe Jesus gevange geneem was). Paulus – wat geroep is om die Kerk te vestig - sou beslis nie ons eerste keuse gewees het nie!