Sign up to save your podcasts
Or

“Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red” (Jes 46:4 NLV). “
Ek wonder soms of die pelgrimstog van Israel na die Beloofde Land net die ene murmurering was? Maak 'n mens maar daarmee vrede dat pelgrimwees 'n pad van pyn en beproewing impliseer? Eers die gevaar van die Egiptiese soldate wat jaag (Eks.14). Dán is die water nie soet genoeg nie (Eks 15:22). Dán is daar nie kos nie (Eks 15:3). Dán gaan jou leier vir 'n “wegbreek” berg-op en julle moet alleen hier onder agterbly … wie gaan vir ons sorg? (Eks 32). Krisis, op krisis, op krisis.
Tog, op elke krisis volg die ontdekking dat God daar is: rigtingloos in 'n woestyn op 'n onbekende ompad voorsien God - “toe-val-lig” – 'n wolk wat wat hul kompas sal word, die ganse reis deur (Eks 13:21:22). “Skielik” is daar voëltjies in die lug om te kan eet en saad om te maal vir meel. En algaande moet die volk ontdek, God is betroubaar.
Tree vir tree leer jy God vertrou. Soos Debra Lubov so poëties skryf: “The pilgrim moves within the geography of faith, along the path on which are scattered traces of holiness.” Geloof groei algaande sterker, soos jy algaande leer vertrou. Ons weet dat vertroue net deur 'n verhouding kan ontwikkel. Anders gaan daar altyd suspisie teenoor die ander een wees. Ook weet ons dat 'n verhouding net groei wanneer mense tyd saam met mekaar spandeer. Dieselfde met ons geloofsverhouding en vertroue in God. Dit was waaroor die pelgrimstog van die Israeliete ook gegaan het: om te leer om God te vertrou. Ek is julle God en julle is my volk!
En algaande ontdek jy “scattered traces of holiness”.
GEBED: Dankie dat ek ook op my pelgrimslewe die tekens van U teenwoordigheid ontdek.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ
https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4471
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 13 van #Pelgrims kyk ons na die luister ons na “Een Naam” deur Jodi Jantjies wat sy as deel van die ATKV-Crescendo-projek vrygestel het.
https://youtu.be/N6-yjcsC1Tg
By Ronell Bezuidenhout“Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg. Ek sal julle ondersteun en julle red” (Jes 46:4 NLV). “