Sign up to save your podcasts
Or

Die bekende teoloog, Dallas Willard, het eenmaal grappenderwys gesê, “Min mense staan in die oggend so honger vir God op soos vir graanvlokkies, of roosterbrood en eiers.” Is die brandende begeerte na God jou dryfveer? Soos die digter in Psalm 63:2 skryf: “Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water.”
In Joh 7:37-39 sê Jesus, “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Net daarna verduidelik Johannes dat Jesus spesifiek hier na die Heilige Gees se uitstorting verwys het). Ons ken hierdie woorde uit Jesaja 43:1-2: “Kom, almal wat dors is, kom na die water toe … Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?”
Die kragtige werking van die Heilige Gees is volledig tot ons beskikking. Maar, of ons van die uitnodiging gebruik wil maak om daaraan te deel, dit is ons keuse! Jesus belowe, “Vra, en vir julle sal gegee word … Is daar 'n pa onder julle wat as sy seun vir hom 'n vis vra, vir hom 'n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy 'n eier vra, vir hom 'n skerpioen sal gee? As julle wat sondig is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra” (Luk 11:11-13).
Dit laat my wonder presies wat is dit wat my grootste wens van God af is? Allerande dinge? Goeters? Dat dit met my voorspoediger moet gaan? Of is my verlange na God se teenwoordigheid die allesoorheersende? Om die die krag van die Gees te mag ervaar?
GEBED: Hou my smagtend na U, Here.
KUNS: Grafika by Soundcloud Revelationsinart Heidi Mitchell
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 14 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na ’n musiekvideo van “Psalm 63” deur die Duitse kunstenaar Marc Burger.
Uit die liriek:
Englischer Liedtext (mit deutscher Übersetzung):
God, you are my God
(Gott, Du bist mein Gott)
and I long for you.
(und ich sehne mich nach Dir.)
My soul desires you.
(Meine Seele verlangt nach Dir.)
Dry and waterless land
(Ausgetrocknetes und dürres Land)
my soul is thirsty,
(meine Seele ist durstig)
thirsty for you.
(sie dürstet nach Dir.)
Marc is ‘n student in Teologie en Musiek aan die St. Chrischona Teologiese Seminarium.
https://youtu.be/rORbbeawqH8
By Ronell BezuidenhoutDie bekende teoloog, Dallas Willard, het eenmaal grappenderwys gesê, “Min mense staan in die oggend so honger vir God op soos vir graanvlokkies, of roosterbrood en eiers.” Is die brandende begeerte na God jou dryfveer? Soos die digter in Psalm 63:2 skryf: “Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water.”