Sign up to save your podcasts
Or

"Die oorvloed van God se liefde en vrygewigheid is onafskeidbaar van God se oneindige vreugde. Al die goeie en mooi dinge waaruit ons af en toe klein druppeltjies van siel-opwindende vreugde drink, ervaar God voortdurend in die breedte en diepte en rykdom van God se skepping.” Dallas Willard
As sommige mense hul spanning “in hul nek” dra, en ander hul angstigheid “op die krop van die maag”, waar in ons lyf voel ons vreugde die meeste? Dit was die vraag waarmee 'n groep Finse navorsers hulself besig gehou het. 'n Kaart van die menslike liggaam is opgetrek; elke deelnemer het 'n lys van verskillende emosies gekry met die opdrag om op die kaart aan te dui waar hulle die emosies die sterkste “voel”. Die interessante ontdekking is dat mense net een emosie oor die hele liggaam voel – vreugde. Ons beleef vreugde letterlik van toontjie tot kroontjie. Vreugde vul jou ganse menswees – nie net gedeeltes van jou nie! Soos suurstof deur jou are vloei, so vloei vreugde tot by jou vingerpunte en jou tong en jou oë en jou ore.
Die Psalmdigter het reeds iets hiervan verstaan wanneer hy skryf, “U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het. Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon” (Ps 4:8-9).
Die tekens van God se liefde en vrygewigheid is reeds in die wêreld sigbaar (aldus Rom 1:20). Die skakelaar om die stroom-van-vreugde tot aan die uithoeke van die wêreld te versprei is reeds aangeskakel. Dit is die belofte van Kersfees. Maar die belofte eindig nie daaroor nie. Dit is waaroor Advent gaan. Soos die tieners sê, “Watch this space!”
Mag jy dus in hierdie tyd vreugde ervaar van kroontjie tot toontjie! En dit dan verder aangee.
GEBED: Mag ek nou reeds U vreugde in oorvloed ervaar, Here.
KUNS: Carol Aust, Nativity, 2018, First Presbyterian Church, Berkeley, VSA.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 15 van #AdventAvontuur kyk ons na ’n nuwe musiekvideo van die A cappella groep Eclipse 6. “Still, Still, Still.”
Uit die liriek:
Dream, dream, dream,
Of the joyous day to come.
While guardian angels without number,
Watch you as you sweetly slumber.
Dream, dream, dream,
Of the joyous day to come.
https://youtu.be/rHelKSp0uhs
By Ronell Bezuidenhout"Die oorvloed van God se liefde en vrygewigheid is onafskeidbaar van God se oneindige vreugde. Al die goeie en mooi dinge waaruit ons af en toe klein druppeltjies van siel-opwindende vreugde drink, ervaar God voortdurend in die breedte en diepte en rykdom van God se skepping.” Dallas Willard