Sign up to save your podcasts
Or

“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.” (Kol 3:23-24)
Ek lig my hoed vir mense wat al hulle “ten spyte van’s” kan oorkom en steeds kanse met die lewe waag. Dit laat my dink aan die kerkvader Irenaues (2de eeu) wat gesê het dat mense wat die lewe voluit leef daardeur vir God verheerlik. (Of soos dit in engelse bekend is: “the glory of God is a human being fully alive.”) Irenaues se verstaan van voluit leef is anders as ons s'n: vir hom het iemand voluit geleef as hulle ter wille van hul geloof in Christus die “waagstuk van dissipelskap” ernstig geneem het, sonder dat daar enige waarborg van “sukses” op hul werk sou wees. Dit is 'n lewensfilosofie veel anders as moderne mense s'n – ons wil eers gewaarborg wees van die sukses van 'n aksie – waarom anders tyd mors met iets wat jy dalk buitendien nie gaan regkry nie. As dít die vroegste eeue se verstaan van dissipelskap was, sou die kerk vinnig-vinnig gesterf het. Tog leer historici ons dat daar teen die einde van die eerste eeu minder as 10 000 christene was, maar een eeu later was daar meer as 200 000! Waagmoedige gelowiges. Waaghalsig vir Christus.
Jy hoef nie ver weg te gaan om God met jou lewe te verheerlik nie. Goeie raad was nog altyd vir my die van John Wesley:
Doen al die goeie wat jy kan;
gebruik al die middele wat jy kan;
doen dit op al die maniere wat jy kan;
op alle plekke waar jy kan;
te alle tye wat jy kan;
aan alle mense aan wie jy kan,
solank as wat jy kan.
GEBED: Here, gee aan my die waagmoed om U voluit te kan dien!
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die sestiende dag se skildery is Jesus Walks on the Sea (Jésus marche sur la mer). https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/ 4413
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 16 van #Pelgrims kyk ons na die musiekvideo van “Ndikhokhele Bawo” soos deur die Kaapstadse Jeugkoor opgevoer die Oberammergau Passiespele-teater in. Duitsland.
"Ndikhokhele Bawo" beteken “Lei my Vader”. Die solo is deur Caitlin MacDonald en die koor is onder leiding van Leon Starker.
Die Kaapstadse Jeugkoor het op 8 Julie 2022 op die verhoog van die Oberammergau Passiespele-teater opgetree. Dié video is die middag voor die konsert tydens die koor se klankkontrole met 'n iPhone geskiet.
https://youtu.be/o358C__YhGQ
By Ronell Bezuidenhout“Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.” (Kol 3:23-24)