Sign up to save your podcasts
Or

Het jy al probeer tel hoeveel beloftes daar in die Bybel opgeteken is? Dit klink bykans onmoontlik dat sommige reken daar is by die 8 000 beloftes. Dit is nie dat die Bybel die Boek van Beloftes is nie; dit is dat God die beloftemakende God is! Herhaaldelik lees ons, “God sal…”
Jeremia se “belofte hoofstuk” is seker ons almal se gunsteling: aan die ballinge in Babel waarborg God hulle terugkeer na Jerusalem: “Ek sal my belofte nakom … Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n VERWAGTING!” (Jer 29:10-11). Julle mag weer begin droom oor more en oormore, want die God van Hoop het nie sy rug op julle gedraai nie. Ook hou God nie “geheime planne” dig teenaan sy lyf, net vir ‘n handjievol uitverkorenes om te mag ken nie. Nee, enigeen wat wil weet, sal kan uitvind (Jer 29:13). In Matt 11:7-8 herhaal Jesus dit weer: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.”
God is nie die “hard to get” tipe nie. Vir die Israeliete sê God, dat húlle wat na God verlang en met hul hele hart na God soek, God sal vind (Deut 4:29). Anders as Adam in die Tuin van Eden speel God nie met ons wegkruipertjie nie. Daarom kon Jakobus met soveel sekerheid belowe: “Nader tot God en Hy sal tot julle nader” (Jak 4:8). Soos Paulus skryf, “Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons” (Hand 17:27).
GEBED: Dankie dat U voor my uitgaan om my te lei. Dat U agterna kom om my te beskerm. Onder my as ondersteuner is. Die God is wat as vriend langs my is.*
(* N.a.v die seënwoorde van Prof Neal Plantinga)
KUNS: Jeremia betreur die vernietiging van Jerusalem, olie op paneel deur Rembrandt, 1630: in die Rijksmuseum, Amsterdam.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 16 van #Verwagting kyk ons na ‘n video-opname van die groep VOCES8 se weergawe van 'Ave Verum' deur William Byrd.
Uit die liriek:
Hail, true Body, born of the Virgin Mary,
who has truly suffered,
was sacrificed on the cross for mortals,
whose pierced side flowed with blood:
Be for us a foretaste [of Heaven]
in the final judgement.
Oh sweet, oh pious, oh Jesus, son of Mary,
Have mercy on me. Amen
https://youtu.be/R3vuU7XAaUM
By Ronell BezuidenhoutHet jy al probeer tel hoeveel beloftes daar in die Bybel opgeteken is? Dit klink bykans onmoontlik dat sommige reken daar is by die 8 000 beloftes. Dit is nie dat die Bybel die Boek van Beloftes is nie; dit is dat God die beloftemakende God is! Herhaaldelik lees ons, “God sal…”