Sign up to save your podcasts
Or

“Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie.” (Deut 31:8)
Dit is maklik om oor waagmoed te skryf (en te lees) vanuit 'n gemakstoel. Maar die “regte lewe” is nie 'n gemaklike lewe nie. Soos Josua wat as Moses se opvolger aangestel word om die Israeliete in Kanaän in te lei, waar Moses vir hom sê, “Wees sterk, wees dapper! …Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie” (Deut 31:6-8).
Ek weet gewoonlik as iemand vir my sê, “Moenie bang wees nie, moenie skrik nie,” dan is daar genoeg rede om juis bang te wees. Drie maal in hierdie hoofstuk hoor Josua hierdie woorde; vier keer word dit ook op ander plekke herhaal. Josua was óf 'n baie bang man, óf daar het groot probleme voorgelê. Maar hier kan ons iets leer by Franklin Roosevelt wat gesê het, “Moed is nie die afwesigheid van vrees nie, dit is eerder die wete dat iets anders belangriker is as jou vrees."
'n Paar eeu later, nadat die Joodse ballinge terugkeer vanuit hul ballingskap in Babilonië en hul land gans-en-al vernietig sien, het hulle moed in hul skoene gesak. Eers gee die profeet Haggai 'n woord vir die goewerneur: “skep moed, sê die Here.” Dan vir die hoëpriester: “Skep moed.” En dan, “julle almal, burgers van die land, skep moed, sê die Here! Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige. … my Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!” Haggai 2:4-5).
Drie opdragte: skep moed; staan op (vanuit die gemakstoel); moenie bang wees nie. En dan die belofte: Ek is by julle!
GEBED: Here, wat vra U vandag vir my, want ek weet U is ook by my!
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die sewentiende dag se skildery is Jérusalem Jérusalem. https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/ 13458
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 17 van #Pelgrims kyk ons na die musiekvideo van Joe Niemand se bekende “Ek Sal Nie Bang Wees Nie”.
Uit die liriek:
Ek sal nie bang wees nie
Vir die onheil in die nag
Of verwoesting in die dag
Ek sal nie bang wees nie
Al val 'n duisend aan my sy
Of tienduisend hier langs my
Ek sal nie bang wees nie
En hier kruip ek weg
In die hoogtes by die Hoogste
Alles veilig in U hand
Buite die bereik van die vyand en sy magte
Omring deur engele aan elke kant
https://youtu.be/W5686zxamyw
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
By Ronell Bezuidenhout“Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie.” (Deut 31:8)