Sign up to save your podcasts
Or

“Advent dwing ons om 'n vreeslose inventaris te neem van die donkerte.” (Fleming Rutledge)
Hoe moet kerke – wêreldwyd – die kers van vrede aansteek in 'n wêreld wat al meer onstuimig voel? Hoe steek 'n mens 'n kers van vrede aan terwyl Noord Korea spog oor hul “Monster Missiel” in die see naby Japan getoets word. Help 'n kers van vrede enigsens vir die vlugtelinge uit Kiev? Wat help 'n kers van vrede wanneer ontevredenheid oor dienslewering in ons eie land soos 'n vuurhoutjie wag om 'n petrolbom aan te steek?
Maar dit is juis die betekenis van Advent! Soos Martin Luther King gesê het, “Donkerte kan donkerte nie verdryf nie, slegs lig kan.” Dit is vir 'n donker wêreld dat die kers van vrede moet brand as 'n uitnodiging: die Lig ís gebore. Soos Johannes skryf, “Die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie” (Joh 1:5).
Daardie een donker nag het 'n helder ster oor 'n stal in Betlehem geskyn. Die donker onderdrukking van Rome sou min mense opwaarts laat kyk het. Tog was dit vanuit die hemel vanwaar die hemelse koorlede hul “Soli Deo Gloria” uitvoering vir die skaapwagters gelewer het. “Ere aan God in die hoogste hemele, en vrede op aarde vir die mense in wie God 'n welbehae het” (Luk 2:14). En as 'n refrein hoor jy Jesaja en die profete ook sing: “Sy (die Vredevors) heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring.”
Die SHALOM-tyd van God breek in donkerte aan. En sou dit vir ons nie so lyk nie - omdat ons teen die donker vaskyk – kan die kers van vrede nooit doodgeblaas word nie! Waar moet ons dit soek? Kyk eers boontoe! En kyk dan by jou voete: daar sien jy die ligskynsel brand wat die pad van vrede sal aandui (Ps 119:105).
GEBED: Breek met U Lig ook in my eie donkerte deur, Vredevors.
KUNS: "Engele onder die ster van Betlehem". In hierdie loodglasvensterfragment uit die 12de-eeuse Frankryk is twee gevleuelde engele, geklee in wit klere met murreykleurige mantels, aan weerskante van 'n geel Ster van Bethlehem geplaas.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 18 van #AdventAvontuur luister ons na “Shine for Me Again, Star of Bethlehem” deur die BYU Singers. Die lied is deur Daniel Carter geskryf as ’n Kerslied vir ’n gemengde koor en klavier. Die verhaal word vertel deur 'n herderseun. Terwyl die ster hom na Betlehem lei het, onthou hy die lig van daardie ster, en sy getuienis van Christus leef voort.
Uit die liriek:
High above the weary world, amid the stars of heaven
To men of old a wondrous sign of peace and hope was given
A brighter star was kindled there, to reign among the skies
To mark the way to Bethlehem and everlasting light
And high above the weary world, for eyes to see that will
The star of Bethlehem will shine for those who seek Him still
https://youtu.be/wp5FCOrdQMs
By Ronell Bezuidenhout“Advent dwing ons om 'n vreeslose inventaris te neem van die donkerte.” (Fleming Rutledge)