Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 18 van Meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.” (Jes 41:10)

Die opdrag wat die meeste in die Bybel herhaal word is, “moenie bang wees nie!” Dit bly 'n vreemde opdrag, veral as ons weet dat dit natuurlik is om bang te word. Bedreig iets of iemand jou, het jy die chemiese stowwe nodig wat jou sal laat opspring om van die gevaar weg te kom.  Die pelgrimsreisigers van ouds sal kan getuig van die gevaar wat jou langs die pad gaan kan bedreig: van roofdiere tot rowers; siektes tot skelms. 

Psalm 56 is Dawid se gebed as 'n bang man.  Saul se manne is letterlik besig om hom te “jag”. “Vroeg en laat jaag my teëstanders my, en ek het baie vyande, o Allerhoogste. Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U” (Ps 56:2-4). Enige mens sal in sulke omstandighede bang word – Dawid het ook.  Maar die vraag is, “…en dan…?” Dan kan jou vrees so oorweldigend word dat dit jou dalk laat glo dat God van jou vergeet het? Dan kan jy glo dat jy “in jou uur van benoudheid” aan jou eie lot oorgelaat is? Of jy kan, soos Dawid, die vrees gebruik as 'n herinnering van geloof om God te vertrou.  Twee maal herhaal Dawid in die psalm: “In God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan 'n mens aan my doen?” (Ps 56:5 en 12).  Met ander woorde, is die krag van 'n mens meetbaar aan die krag van God?  

G'n wonder nie dat die belofte wat die meeste in die Bybel voorkom is,“Ek is by jou.” En daarom kon Dawid sê, “met God by my kon ek my pad aanhou loop” (Ps 56:14).

GEBED:  Dankie, Here, dat ek al my vrese na U mag bring. 

KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”.  Die agtiende dag se skildery Suffer the Little Children to Come unto Me. https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4539


POTGOOIE:  Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag

MUSIEK:  Op Dag 18 van #Pelgrims luister ons na Sons of Korah se “Light of Life - Psalm 56”.  

Uit die liriek:

Be merciful to me, O my God
For my enemies pursue me all day long
All day they press their attack against me
Be merciful to me, O my God
My slanderers pursue me all day long
Many come to attack me in their pride
When I am afraid, O Lord, I will trust in You
In God alone, whose word I truly praise
In God I trust and I will never fear
For what can mortal man ever do to me?

Sons of Korah is 'n Australiese groep wat toegewy is om ’n vars stem aan die Bybelse Psalms te gee.

https://youtu.be/Vjoo7xf0D6I

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag

POTGOOIE:  Luister na vandag se meditasie op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


 
   

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout