Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 19 van Meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“Die geboorte van 'n Kind in 'n donker wêreld het nie net 'n nuwe perspektief van die lewe gebring nie, dit het 'n nuwe manier van leef gebring.” (Frederick Buechner)

Ek loop met die woordjie op my lippe - shalom. Mag dit met jou goed gaan, sê ons wanneer ons groet. Mag jy op gelyk paaie loop. Mag jy 'n lewe sonder gebrokenheid ervaar. Mag alles wat “onaf” is vir jou herstel. Dit klink soos “happily ever after.” Maar, dit is utopia. Dit is nie shalom nie.
    
Ek raai, die meeste van ons dink dalk aan vrede as ‘n afwesigheid van konflik – ook die afwesigheid van konflik tussen twee mense. Ons bewaar liewers die vrede as om die konflik te veroorsaak. Soms het ons vrede gemaak, maar die verhouding is nooit regtig weer dieselfde nie.  Dit is nie shalom nie!

Adventsvrede is anders.  Soos Jesus in Joh 14:27 sê, “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” 

Wanneer die “Prins van Vrede” (wat ons met “Vredevors” vertaal) sy vrede aankondig, is dit in die eerste plek 'n vrede tussen mens en God (aldus Rom 5:1). Dit is 'n vrede wat 'n onrustige siel tot bedaring laat kom.  Dit maak van 'n Saulus 'n Paulus.  Dit is 'n vrede wat 'n impak het op álles wat ons glo, en álles wat ons doen, en álles wat ons is.
  
Shalom is 'n nuwe begin.  Dit is letterlik God se nuwe begin met ons! 
 
GEBED: Almagtige God, gee ons die genade om die werk van die duisternis af te lê en om ons te klee met die wapenrusting van die lig (Uit The Book of Common Prayer)
KUNS:  In die Basiliek van Sant'Apollinare Nuovo in Ravenna, Italië, word die konings en hul geskenke weergegee in 'n pragtige mosaïek uit die vroeë 6de eeu.
POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent

MUSIEK:  Op Dag 19 van #AdventAvontuur kyk ons na ’n musiekvideo van Immanuel deur die Nederlandse-groep DoorBrekers.  

Uit die liriek:

In het donker
In de nacht 
In de stilte 
Lang verwacht
Werd u geboren 
Zo klein en teer
Jezus Christus 
Onze Heer
Immanuel
Immanuel

https://youtu.be/cDVRlpRy_us

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent




 
  

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout