Sign up to save your podcasts
Or

“Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop.” (Luk 24:15)
Stap is nie sommer net stap nie. Kuier-kuier stap is nie dieselfde as dwaal nie. Sleepvoet is anders as huppel. Strompel verskil van slinger, en 'n drafstappie lyk anders as wandel. Ons doen dinge stapsgewys; voetjie-vir-voetjie.
Hoe sal ons staptog deur die lewe beskryf word? Ligvoets? Of stap ons (dalk meer as wat ons wil erken) ons lewensreis soos wat daardie twee manne die dag gestap het, vanaf Jerusalem na Emmaus (Luk 24:13-35)? Met somber gesigte? Praat ons mekaar dalk ook (net soos daardie twee manne) “in 'n depressie in”? Kyk dan net hoe loop alles skeef! Kyk net hoe lyk alles om ons! Al langsamerhand loop ons - die land maak ons moedeloos; die politiek is 'n grap. Die lood in ons voete raak al swaarder. Die ekonomie dwing ons om sleepvoetend te stap.
Dit is 'n swaar lot om sonder vreugde jou pelgrimsreis te onderneem, veral as dinge anders uitdraai as wat jy gedink het dit sou. Dit is 'n moeilike tog om aan te pak wanneer jy begin glo dat jy godverlate is. Maar, hoe blind moet ons dan wees as ons ook soms ons Medereisiger - die Een wat beloof dat Hy by ons sal wees - miskyk? Moet Hy dan vir ons ook sê, “Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie …” (v25)?
Ek vra myself af, wat moet ons doen wanneer ons in so 'n toestand is? Immers, 'n boer maak 'n plan… Maar, die verrassende is, daar is níks wat ons moet doen nie. Alles is klaar gedoen: die graf is dan leeg. Hy leef!
Of jy glo dit, of jy glo dit nie. Dit bepaal hoe jy vandag jou lewensreis onderneem.
GEBED: Here, my lewenstyl kan nie weerspreek wat ek glo nie. Laat ek dan reg glo!
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Die negentiende dag se skildery is The Pilgrims of Emmaus on the Road (Les pèlerins d'Emmaüs en chemin).
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Lekker ligvoets vir dié Saterdag kyk ons op Dag 19 van #Pelgrims na die nuwe musiekvideo “Gee 'n bietjie hoop” van die groep Tussen Sterre. Dis ’n reisavontuur van 3 vriende wat hoop wil bring. “Die video is 'n samestelling van 'n klein fraksie van memories wat ons saam gemaak het deur in Suid Afrika te toer en musiek te maak.” Die lied is deur Sybrand Johan van Dyk, Martin Clifford Earle en Jan-Mattys van Lill geskryf.
https://youtu.be/-3sjizTni2Q
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
By Ronell Bezuidenhout“Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop.” (Luk 24:15)