Sign up to save your podcasts
Or

“As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Joh 1:9)
Ek dink dit is waar wat Jerry Bridges sê, dat christene wat nie hul “ou sondes” kan agterlaat en God se vergifnis volledig wil toe-eien nie, gevolglik nie in die sonskyn leef wat God deur Christus aanbied nie, maar hulself onder 'n bewolkte hemel van skuldgevoelens bevind. Soms skep jy self hierdie “sonsverduistering” in jou lewe. Maar, dit is ook waar dat daar mense is wat hulself as die “geheueverfrissers” beskou om ander voortdurend aan hul foute en tekortkominge te herinner. (Ons moet ook na-dink of ons nie dalk soms die skuldiges is wat die sonsverduistering vir ander skep nie!)
Die eerste brief van Johannes begin met hierdie besondere woorde, “Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie” (1 Joh 1:5). God wíl die sonsverduistering in ons lewens verwyder! “As ons in die lig lewe soos Jesus in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde” (1 Joh 1:7). Daar is geen groter vryheid as die vryheid uit gebondenheid (slawerny) nie. Die storie van Eksodus is nie net ‘n geskiedenisles nie; dit is ‘n metafoor van wat Jesus kom doen het - om ook óns uit ons eie “Egiptes” te lei. Daarom kon Paulus sê, “Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie” (Gal 5:1).
Is jou verwagting van God werklike, volkome vryheid?
Gebed: Dankie, dankie, Here, dat U beloof, “So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder (U) ons oortredinge van ons af” (Ps 103:12).
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 19 van #Verwagting kyk ons na ’n video-opname van Psalm 103 soos gekomponeer deur die Switser Markus Geissbühler in 2014 en opgevoer deur die Earth Choir en Animato Simfonie-orkes.
https://youtu.be/ETA_ZKoWvTs
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
By Ronell Bezuidenhout“As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” (1 Joh 1:9)