Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 2 van meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“Die Here kom. Die Here kom. Wie ore het om te hoor en oë om te sien, sal Sy koms herken die oomblik wanneer hy in jou lewe arriveer. Die lewe is 'n advent; die lewe gaan daaroor om die Here te herken.” (Henri Nouwen)
In die woordjie “advent” hoor jy reeds 'n ander woord “adventure” – avontuur. Die woordeboeke sê 'n avontuur is 'n buitengewone gebeurtenis. Jy kan nie vir 'n avontuur beplan nie, want jy het nie beheer daaroor of dit gaan plaasvind nie. Jy kan dit nie beplan nie, maar jy kan daarna uitsien dat dit sal gebeur. “Maak jouself gereed vir die grootste avontuur van jou lewe,” sê die reispamflet.  

Het die skaapwagters maar geweet wat vir hulle voorgelê het toe die engele sing, “vandag is vir julle geboren…” Het die dissipels maar net geweet wat vir hulle voorgelê toe die Rabbi vir hulle sê, “volg My!” Het ons maar net geweet wat nog alles vir ons voorlê…

Advent is die tyd in ons kerklike jaar waar ons oefen om met oop oë te leef.  “Open the eyes of my heart, Lord,” sing ons.  Soos Dawid bid ons:  “Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar” (Ps 119:18).  Ons dink aan 'n wet as reël, terwyl die Hebreeuse woord presies dit beteken:  woord.  Maak my ore oop dat ek U kan hoor, want wat U sê is kragtig.  Maak my oë oop dat ek U kragtige werk nie miskyk nie. Maak my ontvanklik dat ek die onverwagse gebeurtenisse van U koms – daagliks – in my eie lewe nie systap nie.

Op die eerste Sondag van Advent steek ons die kers van hoop aan.  Hoop is om 'n verwagting te hê dat iets wat belowe is sal gebeur.  Vandag dalk reeds.  En daarom is jy op die uitkyk; maak jy jou gereed.
Die avontuur wag…
GEBED:  Maak my oë en my ore oop, Here.
KUNS:  “Angels Announcing the Birth of Christ to the Shepherds” (1639) in olie op paneel deur die Nederlandse skilder Govert Flinck.  Tans in die Louvre in Parys.
POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent

MUSIEK:  Op Dag 2 van #AdventAvontuur kyk ons na ’n musiekvideo Caleb Lining (5 jaar oud se weergawe van “Open The Eyes Of My Heart”.
"Ek is Boo. Ek sing, speel musiek, doen kuns en geniet dit om 'n kind te wees en lief te wees vir die lewe!" vertel Caleb. 
The Linings is 'n Christelike gesin. Pa Michael het sy eie Youtube-kanaal wat toegewy is aan A Capella Christelike musiek, Barbershop-harmonie en instrumentale verwerkings. Ma Mandy is 'n sanger-liedjieskrywer en het haar eie Youtube-profiel. Boo het op 2-jarige ouderdom met musiekopleiding begin en het 'n 2.5 oktaafreeks en perfekte toonhoogte. Hy sing graag Disney-musiek, Christelike musiek en maak sy eie liedjies op. 
https://youtu.be/08DgeCQA09s
POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout