Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 2 van Meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

“Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan…” (Jer 31:21a)

Tot dekade of drie gelede was die woord “pelgrimstog” dalk vir baie mense vreemd, maar nie meer nie! Selfs hier in die omgewing waar ek woon (Suid-Kaap) is ‘n lieflike pelgrimsroete: die Pelgrimstog van Hoop.  Vandag stap mense ‘n pelgrimsroete vir verskillende redes: van natuurliefhebbers tot mense wat hulself wil “vind” tot mense wat net ‘n bietjie “weg” wil kom.  Dan is daar natuurlik diegene wat dit stap “soos in die ou tyd” – as ‘n bedevaart (m.a.w. ‘n heilige reis). Soos die Israeliete wat eenmaal ‘n jaar ‘n bedevaart na Jerusalem onderneem het vir die Pasga. Of soos die vroegste christene wat jaarliks ‘n “heilige plek” besoek het (bv. Jesus se graf).  Áltyd moes gelowiges “stap om te onthou.” Soos die filosoof, Sören Kierkegaard, gesê het, “die lewe maak sin deur  ‘agteruit’ onthou, sodat jy ‘vorentoe’ kan beweeg.”

Hoe het ons nie onthou nodig nie! “Memory making” noem die Engelse dit.  Soos Jakob - nadat hy die nag gedroom het van engele wat op en af klim op ‘n leër wat hemel en aarde verbind het, het hy uit sy droom wakker geskrik en gesê, “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie. … Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die hemel” (Gen 28:16-17).  Die oggend het hy die klip waarop sy kop gerus het met olie gesalf en die plek “Die Huis van God” (Bet-El) genoem (v18-19).  Of soos Josua wat by Gilgal ‘n altaar van 12 klippe laat bou, en dan vir die volk sê  “As julle kinders eendag hulle pa's vra: ‘Wat beteken daardie klippe?’ moet julle die kinders inlig en sê: Israel het op droë grond deur hierdie Jordaanrivier gegaan” (Jos 4:21-22).

Ons vergeet so maklik! Ons het onthou nodig. Maak vandag ‘n dag-van-onthou!

GEBED: Ek wil nie blind deur die lewe gaan nie, Here. 

KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”.  Die tweede dag se skildery is “The Resurrection” (La Résurrection). Lees meer by https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4609

POTGOOIE:  Jy kan die boodskappe op alle bekende potgooi-platforms luister. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag



MUSIEK:  Op Dag 2 van #Pelgrims kyk ons na die musiekvideo van die lied "Home" wat pas deur Jeremy Riddle vrygestel is. 

Uit die liriek:

Home, I know one day You’re calling me 
Home, find me watching, find me ready to go   
To my Father and a wedding
What joy and celebrating
How good it is to finally come home
To finally come home
Can’t wait to finally come home
Can’t wait to finally come home
Home, hear the cloud of witness cheering us on 
To a place where streets are paved with gold
Where there is no night or sorrow 
Where even death is swallowed
Where God Himself will make His home

https://youtu.be/HKX7qB6f92Y

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout