Sign up to save your podcasts
Or

“Politici ding mee vir meer mag. Sakemanne skarrel vir groter transaksies. Soldate marsjeer, wetenskaplikes filosofeer en predikers preek…. Maar in daardie slapende baba in die nederige krip pols meer krag en wysheid en genade en lewe as wat enige iemand kan dink.” (Brian McLaren)
Mense wil die leër van sukses klim. Ons stoot skouers om bo te kom. Dan lees ons (in Fil 2:6-7) van Hom wat “in die gestalte van God was, wat sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou (het) as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” God kies presies die omgekeerde van ons menslike ambisie: ons wil “iemand” word; God is bereid om “niks” te word.
Dit is die paradoks: die werklike Iemand is bereid om 'n “niemand” te word, sodat die werklike “niemand’e” - die mensdom - se verlore status voor God herstel kan word. Ons, wie geskape is om “beelddraers van God” te wees, het só “verword” dat ons nie eers meer verstaan wat dit beteken om as God se verteenwoordigers te leef nie. Dit neem God om sélf “soos ons te word” om ons te wys wat en hoe ons behoort te wees.
Soos Paulus verduidelik: “Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie” (Kol 1:15). Van hierdie Seun skryf Johannes later, “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Joh 3:16). Hierdie einste Seun sou later aan die kruis “die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen” (Kol 1:20).
Dit is waar Adventsvrede begin! Hierdie vrede is bloedvrede. Jesus se vrede.
GEBED: Here, dankie dat ek in U kan sien hoe lyk vrede.
KUNS: 'n Tradisionele Ortodokse ikoon van die geboorte van Christus.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 20 van #AdventAvontuur luiste ons na die Amerikaanse TV-musiekster David Archuleta se weergawe van “Angels We Have Heard On High”. David Archuleta het 'n ster geword toe hy net 16 jaar oud was. In 2008 het meer as 30 miljoen televisiekykers en hul 44 miljoen stemme het hom naaswenner gemaak in Seisoen 7 van 'American Idol'.
Uit die liriek:
Angels we have heard on high
Sweetly singing o'er the plains,
And the mountains in reply
Echoing their joyous strains.
Gloria, in excelsis Deo!
Gloria, in excelsis Deo!
Shepherds, why this jubilee?
Why your joyous strains prolong?
What the gladsome tidings be
Which inspire your heavenly song?
Gloria, in excelsis Deo!
Gloria, in excelsis Deo!
https://youtu.be/VFh-UtMzpi0
By Ronell Bezuidenhout“Politici ding mee vir meer mag. Sakemanne skarrel vir groter transaksies. Soldate marsjeer, wetenskaplikes filosofeer en predikers preek…. Maar in daardie slapende baba in die nederige krip pols meer krag en wysheid en genade en lewe as wat enige iemand kan dink.” (Brian McLaren)