Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 21 van Meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“Die mens wat alleen sit en die stilte opsoek, ontsnap drie oorloë: om te hoor; om te praat en om te sien.  Maar daar is een oorlog wat daardie mens altyd gaan moet veg: die oorlog in die eie hart”. (Antonius, die Grote)
 
“Is julle gereed vir Kersfees?” Hierdie vraag moes jy in die afgelope dae sekerlik al 'n paar maal gehoor het. As jy nog nie jou kersgeskenke aangekoop het nie, beter jy nou spring! Of jou spyskaart vir die kersete moet sekerlik al opgestel wees (om nie van die kruidenierslys te praat nie)! Dit is nou een tyd van die jaar waar deeglike voorbereiding nodig is – veral as jy self ook 'n rustige tydjie wil beleef. G'n wonder nie dat almal wil weet: is jy al gereed vir die groot feesvieringe? 

Maar sê nou net hierdie vraag vra iets anders. Sê nou net die “is julle gereed?” het niks met kos en kerspakkies te make nie. Sê nou dit gaan eerder oor die “toestand van jou siel”? Sê nou net die vraag is, “Is julle gereed vir die geboorte van Jesus Christus in julle eie lewens?” Hoe sou jy hierop antwoord?

Ek vang myself gereeld dat ek dadelik aan die gebroke wêreld met al sy onmin dink wanneer ek oor vrede begin gesels.  Hoe anders, die onmin is so erg! Oorlog dreig so aanhoudend om ons. Maar, dit is juis waaroor die derde eeuse kerkvader, Antonius die Grote, gesels wanneer hy sê, daar is een oorlog wat jy nie kan ontsnap nie; en dit is die oorlog in jou eie hart. En vir daardie innerlike stryd is Jesus Christus ook gebore.  Jesus wil die stryd wat soms in ons eie binneste heers – ongeag wat die oorsaak daarvan kan wees – ook in die heelheid van sy shalom laat intrek.

Is jy gereed dat die geboorte van Jesus Christus ook in jou hart vrede bring? 

GEBED: Here, bring U heelheid ook in my eie hart.

KUNS: Deur Gentile da Fabriano, altaarstuk oorspronklik in die kerk van Santa Trinità, Florence.
 
POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout