Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 21 van Meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.” (Spr 3:5)

Dit is soms vir ons moeilik om te moet erken dat ons verkeerd opgetree het. Dink maar aan die seun wat weggeloop het en daarna – stert tussen die bene – terugkeer na sy ouerhuis (Luk 15:19). Soms is terugstap regtig vir jou 'n verleentheid. Maar soms stap ons weg omdat ons nie meer kans sien om met ons verantwoordelikhde voort te gaan nie.  Of soms hardloop ons weg omdat ons bang is vir wat alles van ons gevra word.  

Die profeet Elia sal daarvan kan getuig: Koningin Isebel het belowe dat sy hom gaan doodmaak (1 Kon 19:2).  Al wat jy kan doen - of so glo jy - is om ter wille van jou lewe te vlug.  Kom so ver moontlik van die gevaar af weg (en ja, soms selfs van God af ook).  Dit is asof hy selfs van die Here wil wegkom, want God verwag net te veel van 'n mens!   Maar, van God kan jy nie wegkom nie, al vlug jy hoe ver.  Dan hoor hy die Stem:  “Wat maak jy hier, Elia?”  “Ek het my met hart en siel gewy aan u saak, Here, Almagtige God,” antwoord Elia, “… en (nou ) soek hulle my om my ook om die lewe te bring” (1 Kon 19:10).  

Later, wanneer Elia God se teenwoordigheid ook in die windstilte ontdek (om daarmee te sê dat God oral is, nie nét in die grootse oomblikke nie), vra God 'n tweede keer, “Wat maak jy hier, Elia?”  Dan kom die opdrag: “Draai in jou spore om na…” (v15).  Gaan terug vanwaar jy gekom het, Elia, My werk is nog nie klaar nie.  Maar weet net, ek sal by jou wees! 

Dalk het jy nodig om te hoor: “draai in jou spore om …”

GEBED: My Here, waarvan probeer ek dalk wegkom wat ek moet klaarmaak?
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Vandag se skildery is The Return of the Prodigal Son (Le retour de l'enfant prodigue).

POTGOOIE:  Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op Dag 21 van #Pelgrims luister ons na die inspirerende nuwe lied  “By Myself” deur Mat Schnitzer.  Hy skryf die lied gaan daaroor om te probeer, en te misluk, om die lewe op jou eie te leef, en die gawe wat gepaard gaan met die erkenning van jou behoefte aan God en ander.

Uit die liriek:

All these thoughts get lost inside
Bouncing round like the casting of a die
Who am I supposed to be
Can someone please show me the way to destiny?
I tried to do it by myself
But what I had to give just wasn’t enough
So much time spent on my own
Walking someone else’s road
I tried to do it by myself, but I need you 
Tired eyes and my hands outstretched
On my knees, and my need is all that’s left
A quiet voice says, “you are not the one to blame,
Come near, let me touch your heart, your mind, your pain.”

https://youtu.be/0YrfL-o0fjo
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout