Sign up to save your podcasts
Or

“Daar is maar een vredemaker: die Vredevors. Soos Hy my verander, ervaar ek Sy vrede. … Soos Hy my verander, begeer ek om die “ander” as my broer lief te hê en te dien. Hierdie veranderinge wat Hy in my moontlik maak, verander my van moeilikheidmaker tot vredemaker. Dit is deur Hom dat ek vrede ervaar en ’n vreedsame mens word” (Jean-Michel Hansen)
Ek sing lustig saam met John Lennon terwyl ek bestuur: “Imagine all the people living life in peace. You may say that I'm a dreamer, but I'm not the only one. I hope someday you'll join us and the world will be as one.” John Lennon sing oor “Shangri-La” – die utopiese plek met perfekte saligheid en genot, maar eintlik is dit Christene wat die lied moet sing. Eers wakker Jesus ons verbeelding aan as hy sê, “die koninkryk van God is binne-in julle” (Luk 17:21, 1953). Ontdek dáár vrede! En soos die skrywer, Jean-Michel Hansen, in “Christmas in a time of war” skryf, “Daar verander Hy my van moeilikheidmaker tot vredemaker.”
Anders as vredebewaarders is kinders van God die beyweraars van vrede. Hoor die werkwoord van die Hebreërskrywer, “beywer julle vir vrede met alle mense… ” (12:14). Of soos Jesus gesê het, “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle al (die ander) dinge gee” (Matt 6:33). Vrede is nie 'n passiewe toestand nie. Dit is skouer aan die wiel sit om 'n nuwe moontlikheid te laat realiseer.
Die Nuwe Testamentiese woordjie vir vrede – “eirene” - kry ‘n ekstra betekenis wat die Ou Testamentiese “shalom” nie het nie: ‘n innerlike kalmte; 'n innerlike gelukkig-wees, ten spyte van. Of soos Jesus dit in die bergpredikasie noem: 'n saligheid.
Sing gerus die verbeeldingslied van John Lennon. Maar dan, as Jesusvolgers, gaan maak ons die verbeelding 'n realiteit.
GEBED: Vredevors, maak U vrede deur my sigbaar.
KUNS: Paul Gauguin, Baby (The Nativity), 1896. Olie op doek. The Hermitage, St. Petersburg, Russia.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 22 van #AdventAvontuur kyk on na die musiekvideo van Matthew West se lied “Come Home for Christmas”.
Uit die liriek:
Come home for Christmas
Let your heart return once again
To the joy and the peace
The love and the hope
It’s all right here waiting
For you to come home for Christmas
And come home for good
https://youtu.be/Ot0Tiqju3Bs
By Ronell Bezuidenhout“Daar is maar een vredemaker: die Vredevors. Soos Hy my verander, ervaar ek Sy vrede. … Soos Hy my verander, begeer ek om die “ander” as my broer lief te hê en te dien. Hierdie veranderinge wat Hy in my moontlik maak, verander my van moeilikheidmaker tot vredemaker. Dit is deur Hom dat ek vrede ervaar en ’n vreedsame mens word” (Jean-Michel Hansen)