Sign up to save your podcasts
Or

“Om in ons hart oortuig te wees dat ons vergifnis van sondes ontvang het, en nou in vrede met God leef deur genade alleen is die moeilikste ding.” (Martin Luther)
Ons leef in 'n wêreld met hoë standaarde. Dit is dan seker logies dat as jy in die kompeterende wêreld so hard moet werk om in te pas, dat jy dink God dit ook vereis. Martin Luther is reg: om genade te aanvaar is moeilik omdat ons altyd voel ons iets in ruil daarvoor moet doen. Hoe min verstaan ons daarvan dat ons nie goed genoeg kan wees nie. Dit is God wat goed genoeg is!
Daar is géén groter geskenk om die wêreld aan te bied nie as dat God mense liefhet. Jy moet nie eers iets doen nie; God sal dit doen. Jy hoef nie eers te verander nie; algaande sal God jou verander. God het lief. Punt. God kan nie anders nie, want God is liefde.
Ons het twee "tipe” uiterstes in ons samelewings: hulle wat so laag op die grond lê, dat hulle daarom kan glo dat hulle nie God se liefde “verdien” nie. En hulle wat so hard streef om bo te kom, dat hulle nie eers wonder of hulle God se liefde nodig het nie. Erens val ons almal tussen hierdie twee groepperinge, dalk meer na die een kant toe, dalk meer na die ander kant toe. En vir al hierdie mense word die Seun van God gebore: 'n genadegeskenk.
Wat ons by God ontvang kan niemand ewenaar nie. Nie eers ons hartsmense nie! Die boodskap van genade is oorweldigend – dit aanvaar van plakkershuis tot paleis; die Jood en die Griek, die Chinees en die Nigeriërs, selfs die Afrikaners. Waarom? “Want God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief” (Ef 2:4).
GEBED: In my wêreld met standaarde en voorwaardes, my Here, is dit moeilik om “net” liefgehê te word. Dankie dat U anders is.
KUNS: Geboorte van Jesus deur Frans Claerhout.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 23 van #AdventAvontuur luister ons na “Somerkersfees”deur die Kaapse Jeugkoor (Cape Town Youth Choir).
Woorde deur Koos du Plessis en Jannie du Toit, Musiek deur Koos du Plessis en Verwerking deur Franco Prinsloo.
Uit die liriek:
Welkom o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrehemel ruis
Kerfees kom, Kersfees kom -
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.
Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
https://youtu.be/hPZUbLCFagM
By Ronell Bezuidenhout“Om in ons hart oortuig te wees dat ons vergifnis van sondes ontvang het, en nou in vrede met God leef deur genade alleen is die moeilikste ding.” (Martin Luther)