Sign up to save your podcasts
Or

“Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: ‘Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier…’” (Jes 35:3-4).
'n Nederlandse vriendin – ook 'n pastor – het onlangs vir my 'n perspektief op 'n pelgrimsreis gegee wat ek nie wil vergeet nie. Vir sommige is pelgrimsreise geloofsroetes na heilige plekke. Maar nie altyd nie! Soms neem dit jou juis na plekke van pyn.
As deel van ’n groep predikante is sy genooi om vlugtelingskampe te gaan besoek dwars oor Europa. Sy noem dit haar grootste geloofsontnugtering, want “dit is hoe dit lyk waar hoop in mense se oë gesterf het het,” vertel sy. Maar eintlik gaan die storie nie hieroor nie. Dit gaan oor wat oppad terug na Amsterdam gebeur het. In die vliegtuig was almal stil – steeds geskok oor wat hulle gesien het. Sy het probeer slaap, en uit die bloute het 'n wysie van 'n gesang in haar kop begin draai. Sonder dat sy agterkom het sy dit begin neurie. Die pastor langs haar het saggies saam begin neurie. Sonder om om te kyk het die kollega voor hulle begin neurie. En so het 20 (getraumatiseerde) dominees op 'n KLM-vlug, hardop begin sing: “De steppe zal bloeien. De steppe zal lachen en juichen.” Al harder en harder; terwyl die trane begin druppel teen hul wange.
Hoeveel keer in die geskiedenis het mense - in die grootste tye van benoudheid - nie ook die woorde uit Jesaja 35 opgesê nie: “Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille; hy sal in volle bloei staan, hy sal juig en sing…”
Pyn en hartseer en “hoop wat gesterf het”, het nie die laaste sê nie. De steppe zal bloeien, lachen en juichen.
GEBED: Here, Here, ons hou vas aan U beloftes van troos en vernuwing.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Vandag se skildery is The Grotto of the Agony (La Grotte de l'agonie).
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 23 van #Pelgrims luister ons na “De Steppe Zal Bloeien” deur Trijntje Oosterhuis. Haar pa, Huub Oosterhuis, het die lied oorspronklik geskryf. Die musiek is deur Antoine Oomen.
https://www.youtube.com/watch?v=RrlaSwKQrJc
By Ronell Bezuidenhout“Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: ‘Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier…’” (Jes 35:3-4).