Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 24 van Meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“Dit is nie ons wat met die idee van geskenke op kersdag begin het nie; dit is God self!” (Robert Flatt)

Jaar na jaar ontvang ek boodskappe dat Kersfees nie 'n “Bybelse” fees is nie, en die uitdeel van kersgeskenkies 'n heidense gebruik is.  Wel ja, geboortedag is ooit in die Bybelse tyd gevier nie (nie Jesus s'n nie, ook nie mense s'n nie.) Die eerste keer dat ons van die Kersfeesvieringe op 25 Desember lees was in die 4de eeu.  Waarskynlik was dit 'n teenreaksie van die Kerk destyds op die heidense feestye waar die son aanbid is.  Die langste nag waar daar bykans geen sonlig was nie, het uiteindelik gedraai.  In plaas daarvan om die geboorte van die son in te wag, is Christene aangemoedig om die ware Lig in te wag– die Lig wat alle donkerte verdryf.  Soos ons in Luk 1:78-79 lees, “Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”  

Tydens die middernagdiens is 'n nagmaal gehou (vandaar die woord in Engels, “Christ mass”), en dan is geskenkies uitgedeel. Daarvan lees ons gereeld in die Bybel.  Veral vernae mense en konings het geskenke van besoekers ontvang.  Dit maak dit soveel meer betekenisvol dat die sterrekykers vir 'n baba sulke duur geskenkies gebring het – een gebore in 'n stal, nie in 'n paleis nie (Matt 2:1-12).

Ja, laat ons ons geskenke wat ons uitdeel mooi bedink. Want eintlik bring ons dit aan God.  “Die beste geskenke om te gee is, lojaliteit aan jou vriende; vergifnis aan jou vyande; 'n goeie voorbeeld aan kinders. Gee aan ouers dankbaarheid en toewyding; aan jou lewensmaat liefde en getrouheid. En wees vrygewig met jou deernis en barmhartigheid” (Oren Arnold).

GEBED: Boweal gee ek my liefde aan U, my Here.

KUNS:  Gerda Smelik (Nederlands) Advent, 2006. Akriel, olieverf, goudblaar, papier, houtskyfies, sand, gom en foto's op doek.  Die Nederlandse kunstenaar Gerda Smelik sê oor hierdie stuk gemengde media: "Advent, 'n tydperk van besinning en verwagting, word uitgebeeld deur 'n aardbol met 'n fetus binne. Die donker kleure staan vir die gebrokenheid van die lewe; Die lig rondom die fetus en die strale van goud regoor die wêreld kondig reeds 'n beter wêreld aan. As jy van naderby na die skildery kyk, ontdek jy dat die lyding van die wêreld uitgebeeld word deur middel van portrette van mense in gevaar en nood."


POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent

MUSIEK:  Op Dag 24 van #AdventAvontuur luister ons na  "Behold" deur Phil Wickham saam met Anne Wilson.

Uit die liriek:

Behold the King has come
Divinity incarnate 
Creator of the world
Breathing our air
Behold what light has come
And the dark cannot contain it
The Savior of the world
Is finally here
O come let us adore Him
Come let us adore Him
For He alone is worthy
Christ the Lord

https://youtu.be/6CP08HOcWGY

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout