Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 24 van meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

PELGRIMS #24

“Daarna het Jesus in Levi se huis gaan eet. Baie tollenaars en sondaars was saam met Hom en sy dissipels aan tafel, want daar was baie van hulle wat Hom gereeld gevolg het.” (Mark 2:15)

Dit lyk nie of Jesus kieskeurig is met wie Hy assosieer nie!  Kyk net die soort mense in wie se huise Hy ingaan (en Homself daardeur onrein maak).  Dit was presies waaroor die Fariseërs en veral die skrifgeleerdes, by Jesus se volgelinge gekla en gesê het: “Waarom eet en drink julle saam met tollenaars en sondaars?” (Luk 5:30).  Aan jou vriende word jy immers geken!

Soveel mense dra armbandjies met 'n “WWJD” daarop geborduur. (In Afrikaans: wat sal Jesus doen.) As ons “soos Jesus” wil wees moet ons soos Jesus maak. Waarop iemand – heel gepas – opmerk, dan moet christene meer met sondaars meng.  Dit is nogal 'n vuishou in ons – geheiligde sondaars - se maag.  Op ons pelgrimstog deur die lewe is dit 'n vraag wat elkeen moet antwoord: met wie omring ons onsself? 

Dit is 'n wonderlike voorreg om in die geselskap van medegelowiges tyd te kan deurbring.  Dit is waar ons die vreugde van ons geloof met mekaar kan deel; saam kan aanbid; voorbidding vir mekaar kan doen.  Jesus het dit ook gedoen – lees maar net die evangelies.  Maar terwyl jy daar lees, sien ook raak aan wie Jesus raak (die melaatses), wie Jesus genees (die besetene van Gadara), aan wie Jesus genade bewys ('n owerspelige vrou), en saam met wie Jesus kuier (die Saggeuse-van-die-lewe).  Jesus omring homself met gebroke mense, juis om hul gebrokenheid te herstel.  Dit is wat Jesus gedoen het.

Vra jouself bietjie af:  gaan jy deur jou lewensreis met oopgestrekte arms, gereed om die te omhels wat ander verstoot?  Vriendskappe te vorm waaroor die mense dalk frons. Dit is wat Jesus gedoen het.

GEBED:  U het vir my langs U plek gemaak; leer my om vir ander ook plek te maak, Here.

KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”.  

POTGOOIE:  Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op Dag 24 van #Pelgrims kyk ons na die liriekvideo van “Reckless Love” deur Cory Asbury.
Uit die liriek: 

Before I spoke a word, You were singing over me
You have been so, so good to me
Before I took a breath, You breathed Your life in me
You have been so, so kind to me
Oh, the overwhelming, never-ending, reckless love of God
Oh, it chases me down, fights ‘til I’m found, leaves the ninety-nine
I couldn’t earn it, I don’t deserve it, still You give Yourself away


https://youtu.be/Sc6SSHuZvQE

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout