Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 25 van meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

“Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. …Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur.” (Joh 17:16,18)

Die Christendom (veral in die Weste) beleef in die 21ste eeu 'n groot uitdaging van geloofwaardigheid.  Ons kan nie anders as om selfondersoek te doen nie: is ons wat en wie ons behoort te wees? 

Waar die Kerk die meeste groei, was nog altyd waar 'n samelewing baie erge ellende, chaos, vrees en brutaliteit beleef.  Die Kerk bied juis 'n alternatief op so 'n samelewing. Wanneer die christene hulle opdrag van “ter wille van die wêreld” ernstig opneem, en juis nie “na binne” draai nie (al word hulle self daardeur bedreig), daar het die Christendom gegroei.  Waar die Kerk haar arms oopgooi vir haweloses en verarmdes, of vir vreemdelinge en verstotenes 'n plek van veiligheid bied, daar het die Kerk nie gepreek oor naasteliefde nie; hulle het dit demonstreer. In stede gevul met weeskinders en weduwees a.g.v. gedurige oorloë, het die christene vir hulle hul nuwe families geword.  Waar geweld uitgebreek het a.g.v. etniese verskille, het die christene tussenbeide getree as die vredemakers. As aansteeklike siektes 'n dorp getref het, was dit die christene wat die mense verpleeg het. Met ander woorde, waar daar probleme in 'n samelewing was, daar het die christene die kans aangegryp om hulp te verleen.

Moeder Teresa het eenmaal gesê, nie almal van ons kan groot dinge doen nie, maar elkeen van ons kan klein dingetjies doen met gróót liefde. Ek dink nie ons leef vandag met minder uitdagings nie; ek wonder net of ons nogsteeds daarvan oortuig is dat ons die kanse moet aangryp om 'n alternatief vir die samelewing aan te bied? 

GEBED: Here, leef ek dalk te veel met my oë gerig op my eie probleme en nie genoeg as 'n gestuurde nie?

KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”.  Die sestiende dag se skildery is Jesus Walks on the Sea (Jésus marche sur la mer). https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/ 4413

POTGOOIE:  Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag

MUSIEK:  Op Dag 25 van #Pelgrims kyk ons Philippa Hanna se nuwe musiekvideo “You're Still God”.

Uit die liriek

When all foundations have been shaken
When I’m left standing in the dark
And all I feel is my heart breaking
You still reign and You’re still God
And when it feels all hope has faded
The heavy questions hit so hard
And though my soul may feel forsaken
You still reign and You’re still God
Though I can’t see what’s before me
I know that I can trust Your heart
And this one truth will be my story
You still reign and You’re still God

https://youtu.be/22WoEYfuZN0

POTGOOIE:  Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout