Sign up to save your podcasts
Or

“Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag.” (Ps 130:5-6)
Ons sê maklik, “Let go, and let God.” Laat God die werk doen, moenie inmeng nie. Dalk dink mense aan ‘n teksvers soos, “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg” (Eks 14:14). Die probleem is dat mense net drie hoofstukke verder moet blaai en sien dat die volk tog die opdrag kry om teen die Amalekiete op te staan. “Wag op die Here” (#24) is dus nie terugsit en voete oplig nie. Om op God te wag, “meer as wat die wagte op die môre wag,” is ‘n baie aktiewe wag!
Enige honde-eienaar sal weet hoe lyk ’n hond se liggaamshouding wat ’n opdrag kry om te wag: die adrenalien laat daardie lyf behoorlik bewe. Daar is ‘n gefokusdheid, wetend die volgende opdrag kan enige oomblik kom. Dit is hoe aktiewe wag lyk. Só is wagte wat deur die nag op hul pos op die stadsmure is, op die uitkyk na ongeruimdheid. Gefokus. Gereed. Geduldig. Getrou.
Moderne mense sukkel om te wag. Ons wil iets nóú gedoen hê, sodat ons na die volgende aktiwiteit kan aanbeweeg. Wag is vir ons sinoniem met tydmors. Nie in die Bybel nie! Dáár is wag om te luister; om te leer om te onderskei. Soos Spreuke 2:2 sê, dit is om jou ore oop te hou vir die wysheid, om jouself in te span om te verstaan.
“Waak en bid” sou seker ook “wag en bid” kan wees. Net soos waak (aldus Psalm 130) ‘n baie aktiewe aksie is, so is biddend wag ook. Dus kan jou verWAGting met blye verSEKERing gepaard gaan: God sal antwoord. Jy kan inderdaad kalm bly!
GEBED: Maak van my ’n wag op U mure, Here, terwyl ek op U wag.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 25 van #Verwagting kyk ons na die nuutste musiek-video “De mensen die we missen” van die bekende Nederlandse groep Sela.
Uit die liriek:
God, U kent de namen van de mensen die we missen;
geliefden, die nog steeds met ons verweven zijn.
Wij voelen hier de leegte; zij rusten in uw vrede.
God, U bent de Vader van de mensen uit de tijd.

geliefden, die zo hoorden bij ons leven, elke dag.
Wij zien de lege stoelen; zij zitten aan uw tafel.
God, U bent de Vader van de mensen in ons hart.
Troost ons Heer, wees ons nabij.
Laat ons in uw armen vrede vinden.
Draag ons Heer en koester ons
als we denken aan de mensen die we missen
Die opname is in Edam en Monnickendam gedoen.
https://youtu.be/-oJTwyRLnwY
By Ronell Bezuidenhout“Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die môre wag.” (Ps 130:5-6)