Sign up to save your podcasts
Or

“Moenie bekommerd wees oor wat jy behoort te doen nie. Bekommer jou oor liefde. Moenie die hemel herhaaldelik en nutteloos ondervra en sê: "Watter pad moet ek volg nie?” Konsentreer op liefde. En deur lief te hê sal jy die pad vind om te loop. Liefde leer jou om te luister na God se stem. Deur lief te hê vind jy self vrede.” (Carlo Caretto)
Die gesprek rondom ons Kerstafel het ontspoor toe iemand oor Eskom begin gesels. Vinnig-vinnig het ons almal ons bekommernisse - soos geregte - in mekaar se borde geskep. Gelukkig het een van die kleinkinders die ete gered toe hy vra, “Oupa, hoekom praat julle so ernstig; praat julle oor liefde?”
Hoe anders sou die onderwerpe geklink het as ons inderdaad oor liefde gesels het? Dink net hoe anders sou ons lewens kon wees as ons nie oor aardse dinge bekommerd was nie, maar eerder wakker gelê het met nadenke of ons genoeg liefde uitdeel?
“Moenie bekommerd wees oor wat jy moet doen nie, bekommer jou oor liefde,” skryf Carlo Caretto “Die woestyn in die stad.” Met liefde leer jy om werklik te leef. In sy woorde, “Leef liefde - en jou geloof sal groei. Leef liefde - en jou vreugde sal toeneem. Leef liefde - en jy sal uit jou eensaamheid breek. Leef liefde - en jy sal jouself nou reeds in die hemel bevind.” En in die hemel is daar geen bekommernisse.
Ek het nog glad nie aan nuwejaarsvoornemens begin dink nie, maar dit sal waarskynlik dan my belangrikste een wees: ek wil 'n beoefenaar van liefde word. Ek wil nou reeds elke dag voel hoe voel dit om in die hemel te woon!
Ja, ons glo daar sal ‘n tyd kom waar God se koninkryk op aarde volledig erken sal word. Daarvoor wag ons. Intussen leef ons die liefde!
GEBED: Vorm my om 'n liefdesbringer te wees, my Here.
KUNS: Bernardo Zenale, Madonna en Kind met heiliges, ongeveer 1510. Olieverf en temperaverf op paneel; Denver Kunsmuseum
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 26 van #AdventAvontuur luister ons na "God Is Love" deur Katy Nichole.
Uit die liriek:
How great this love
Oh it's faithful through my failures
This trusted love is with me till the end
How great this love
Oh it's closer than a brother
This is love, He died so I could live
I know my God is love
I know my God is love
This is enough
https://youtu.be/NQ-B7YTpJLo
By Ronell Bezuidenhout“Moenie bekommerd wees oor wat jy behoort te doen nie. Bekommer jou oor liefde. Moenie die hemel herhaaldelik en nutteloos ondervra en sê: "Watter pad moet ek volg nie?” Konsentreer op liefde. En deur lief te hê sal jy die pad vind om te loop. Liefde leer jou om te luister na God se stem. Deur lief te hê vind jy self vrede.” (Carlo Caretto)