Sign up to save your podcasts
Or

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.” (Ef 3:20-21a)
Ek wonder baie oor gebed … waarskynlik omdat ek myself nie as ‘n gróót bidder ag nie. Wat is ‘n groot bidder, wonder ek sommer dan dadelik? Iemand wat baie bid? Wat vir wonderwerke kan bid en dit gebeur? Ek glo wel dat ‘n mens bid, in die mate wat jy VERWAGTINGE oor God het. Verwag jy min van God, dan vra jy ook min.
DIt kan beslis nie van Paulus gesê word nie! Hy bid tot die God wat die onmoontlike gedoen het: Die God wat Jesus met krag uit die graf laat opstaan het. Mag dié God dieselfde krag gebruik in die gemeente van Efese (Ef 1:19-20). In Ef 3:19 bid hy, dat God sal gee dat hulle die oneindige liefde van Christus sal kan ken. Nie net ‘n bietjie daarvan nie, nee, die volle omvangrykheid daarvan! En dan nog boonop, laat hulle geloofsbeker oorloop met die volheid van God! En net vir ingeval jy dink dat dit nou regtig die toppunt van groot en indrukwekkend is, bely Paulus dat dit maar ‘n “klein gebedjie” is – God kan báíe meer! Ons verstand is nie groot genoeg om te begryp hoe magtig God regtig is nie! (Soos dit in die Message-vertaling staan, “far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams!”)
Die predikant-skrywer, John MacArthur, het dit eenmaal so gestel, “When the Holy Spirit has empowered you, Christ has indwelt you, love has mastered you, and God has filled you” (m.a.w., wanneer jy volledig verswelg word deur die Drie-Enige God), dan sal jy kan vra wát jy wil, God sal antwoord! Selfs jou grootste gebed sal beantwoord word, omdat dit God se gebed is.
GEBED: Neem volledige en totale beheer van my lewe, Drie-Enige God.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 26 van #Verwagting kyk ons na Petronel Baard se Psalm 8 soos sy dit in 2020 vir ons eerste Al Psalmend-reeks verwerk het. Te midde van die grendeltyd het sy geskryf: “Dit is nie 'n maklike tyd om in te sing of te toonset nie. Dit is nie 'n maklike tyd vir enige van ons nie. Hierdie woorde en spesiale wysie wat saam met dit kom draai het in my kop, lig my egter op na die sterre. Mag dit jou lig na die sterre, ver bo jou vrese en angs en vul met vrede soos jy sweef deur die heelal, AlPsalmend.”
https://youtu.be/bEUZueFdans
By Ronell Bezuidenhout“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.” (Ef 3:20-21a)