Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 27 van Meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

“Toe sê sy eienaar vir hom: Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf! … Kom in en deel in my vreugde.” (Matt 25:20-21)

Waarvan ons seker kan wees, is dat ons nie die dood op ons pelgrimsroete hoef te soek nie; dit sal elkeen weldra vind.  Waaroor ons wel 'n keuse het, is hoe ons die gawe van die lewe leef.  Dit sluit natuurlik ook in hoe ons leef met wat ons van God ontvang het.   

Jesus leer dat daar 'n dag sal aanbreek waar die gawe van die aardse lewe vir almal teruggetrek word (aldus Matt 25). Soos 'n boer wat lank weg was en sy plaas in die hande van sy arbeiders gelaat het, en by sy terugkeer van sy plaasarbeiders wil weet of hulle sy opdragte gehoorsaam uitgevoer het, so geld dit vir ons ook.  Aan die einde van ons pelgrimsreis, so sê Jesus, is daar een vraag waaroor ons elkeen verantwoording gaan moet doen:  was ons gehoorsaam aan die roeping wat ons ontvang het? Aldus Ef 2:10 het God ons “in Christus Jesus geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”  

Ons kry nie 'n opdrag en word daarna aan ons eie genade oorgelaat nie. Nee! Petrus herinner ons, “God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei” (1 Pet 4:10, NLV).  Ons word toegerus soda tons kan gehoorsaam wees!  Genade, geloof en gehoorsaamheid loop altyd hand-aan-hand tot die beswil van mense om ons.

Kan daar groter blydskap wees as om aan die einde van ons pelgrimsreis voor die Boer te staan en te hoor, “Goeie en getroue dienaar, kom in en deel in my vreugde.”  


GEBED:    Here, laat my lewe deur U Gees beheer word, om die vrug te dra wat wat by dissipelskap pas.

KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. 

POTGOOIE:  Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op Dag 27 van #Pelgrims kyk ons na ’n video-opname van die pragtige lied  “Gelukwaarts” deur Petronel Baard. 
Sy skryf: “Ons almal weet die pad na geluk loop nie reguit nie, maar kronkel oor heuwels, passe en brûe en kan in enige rigting lê.  Dit is 'n konstante reis wat meesleur en soms moet jy net toelaat dat branders van die lewe oor jou spoel. Hoe dit ook al sy, ons is almal op reis en dit, hoop ons, Gelukwaarts.”

Die lied is lewendig opgeneem saam met die Suidkaap-kinderkoor onder leiding van Jan-Erik Swart en verwerk deur Johan Engelbrecht vir die koor en die Mosselbaai Strykensemble met Franco Engelbrecht op klavier. 

https://youtu.be/mJifBjt-ypA

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskappe op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout