Sign up to save your podcasts
Or

“Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. … God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.” (Rom 8:26-28, Die Boodskap-vertaling)
As die dissipels vir Jesus kon vra, “Here, leer ons bid” (Luk 11:1), dan kan ons dit steeds bid. Wetend Jesus se antwoord sal altyd dieselfde bly: “So moet julle dan bid…”. Maar, dankie tog dat ons nie aan ‘n tipe prestasie-angs hoef te ly omdat ons (ek minstens) nie sg. “groot bidders” is nie. Gebede hang nie van ons vaardigheid af nie; dit hang van God af.
Naas ons gebede wat God belowe om te verhoor (hoe dit ook al te kort skiet); is daar ‘n nog groter geskenk: saam met ons eie gebede het ons – volgens Rom 8:26 - ook nog ‘n ekstra voorbidder. En dit is waaraan ek myself troos: niemand kan meer (of beter) vir ons intree as die Heilige Gees nie. Maar wag net, ons het twéé voorbidders: die Heilige Gees én Jesus. Ons VERWAGTING is dus die wete dat Gód by Godself vir ons intree. Van alle kante af ontvang die Vader gebede: “Ek bid vir hulle,” pleit Jesus (in Joh 17:9): “Laat hulle U – die Vader – ken” (17:3). “Bewaar hulle…” (17:11). “Laat hulle aan U (en U Woord) toegewy wees…” (17:17). “Hou hulle een in geloof” (17:21). “Hou hulle teenaan U hart vas” (17:24). “Laat hulle U liefde ken soos Ek dit ken” (17:26).
Wat meer het ons nodig! G’n wonder Paulus kon verklaar, “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet”.
GEBED: Dankie dat ek my stem mag byvoeg by die Seun en by die Heilige Gees s’n, ons Vader. Dankie dat U drie-maal hoor!
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 27 van #Verwagting kyk ons na die pas vrygestelde “When We Pray” deur die groep Citizens.
Uit die liriek:
For my brothers and my sisters feeling low
For the orphan longing desperately for home
For the broken ones who don’t know where to go
In Jesus name there is hope
For the mothers and the fathers on their knees
For the sons and daughters trapped in slavery
For the anxious heart that’s fighting for some peace
In Jesus name you are free
https://youtu.be/bPEJeLj1WDo
By Ronell Bezuidenhout“Intussen het God sy Gees aan ons gegee om ons in ons swakhede te help. Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie. Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. … God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.” (Rom 8:26-28, Die Boodskap-vertaling)