Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 28 van Meditasie-reeks #Verwagting


Listen Later

“Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant.” (Rom 3:24, Nuwe Lewende Vert)

In ‘n wêreld waar niks gratis kom nie,  kan ek verstaan waarom daar suspisie is op iets wat “te goed vir woorde” klink.  In die week het ek weer na ‘n finansiële program geluister waar die gasspreker ‘n inbeller aanraai: “as iemand sê, ‘mahala’, dan moet jy weet ‘n slang is in die gras.”

In hierdie reeks het ons óór en óór gepraat van God wat aan ons sy goedheid aanbied. Onbeperkte genade. Onbeperkte sorg. Onbeperkte vergifnis. Onbeperkte liefde.  En toe vra iemand my, “maar wanneer kom jy dan by die ‘maar…’ uit?” “Maar wat…?” wou ek weet.  “Maar, as jy nie glo nie, gaan jy hel toe.” Jy móét glo. Vir ‘n oomblik is ek sprakeloos.  Waarom wil ons mense so graag “hel” toe stuur, wonder ek? Waarom bied ons Jesus as God se “maar” aan, en nie as God se grootste geskenk vir die wêreld nie?  Dit is nie dat jy eers móét glo, en dan ontvang jy alles wat God bied nie.  Dit is dat jy eers 100% moet bakhand staan voor God, en dan begin jy groei in geloof!

Prof Willie Jonker het eenmaal gesê dat godsdienstigheid die kar voor die perde inspan. Wie God se genade aanvaar, sal nie anders kan as om ook vir Jesus te wíl aanvaar nie.   Eers genade, dan geloof.  Paulus skryf self:  “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. (Nie andersom nie.) Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God.” (Ef 2:8).

Christus is die finale aanbod van God se gratis.  Dit is God se bloedsweet-gratis. Allesopofferend-gratis. Duurgekoopte “mahala” … maar steeds, ja, “mahala.”

GEBED: Ek weet nie of ek werklik verstaan wat “uit genade” beteken nie, Here, maar ek staan bakhand voor U.

POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

MUSIEK:  Op Dag 28 van #Verwagting kyk ons na die liriekvideo van die groep MercyMe se “Better Days Coming”.

Uit die liriek:

When you’re standing on the edge
Barely hanging by a thread
You hear your heart convince your head that you just
Can’t no more
You just can’t no more
When there’s nothing left to give
And you wanna call it quits
No longer strong enough to pick yourself up off the floor
Up off the floor
Hold on my friend
Cause there’ll be
Better days coming
Don’t give up
The hands that are holding tomorrow
Are still holding onto us
Better days coming
Watch and see
We’ll dance through the pain and the sorrow
Knowing there’s gonna be
Better days 

https://youtu.be/7-pQCTntMsQ

POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout