Sign up to save your podcasts
Or

“'n Gereelde inoefening van geloofsgewoontes sal ons help om, soos Augustinus gesê het, die regte goed op die regte manier lief te kan hê.” (Aangehaal uit Woestynwysheid)
As kinders het ons met 'n klomp lewensmotto’s grootgeword wat 'n diep inpak op my gehad het. Een was, “paadjies wat nie geloop word nie groei vinnig toe.” 'n Ander een was, “dit wat vir jou belangrik is moet jy aan werk.” Hierdie selfde beginsels is nie net riglyne vir onsself en ons verhoudings met ons medemens nie, maar ook met God. Een ding wat ek weet, is dat dit God se begeerte is dat ons 'n diep en intieme verhouding met God sal hê; soos 'n paadjie wat oop en wyd gestap is. Maar God “boelie” niemand om die paadjie te stap nie. God gee ons altyd 'n keuse. Daarom pleit Paulus so met die gemeente van Rome: “Ek doen 'n beroep op julle, … gee julleself aan God as lewende en heilige offers … laat God julle verander deur julle denke te vernuwe” (Rom 12:1-2).
Met die beste wil in die wêreld kan ek myself nie verander nie – dít is God se werk. Maar, God doen dit nie sonder my medewerking nie. Gee jouself – vrywillig - en sien wat gebeur… God sal álles vir jou doen. Hou jy terug, dan mis jy uit op die grootste geskenke wat God jou wil gee.
Daarom sal jou beste voorneme vir 2023 wees om die raad wat Paulus vir Timoteus gee te volg, “Oefen jouself liewer om aan God toegewy te wees” (1 Tim 4:7). (Soos die lewensmotto sê, dit wat vir jou belangrik is moet jy aan werk). Ons “oefenprogram” behels net een ding: “Laat julle steeds meer (en meer, en nog meer) deur die Gees beheer word” (aldus Gal 5:16).
Oor en oor en oor. Laat God toe. Want God wil.
GEBED: Neem U die beheer, Heilige Gees. Oor en oor en oor.
KUNS: Van die werk van die Leah Newton Kunsskool in die VSA. Leah gee tans kuns aan Tk-8-leerlinge by The Crocker Art Museum, in Sacramento, Kalefornië.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 29 van #AdventAvontuur kyk ons na die liriekvideo van “Saggies In Die Nag” wat pas deur die groep Midpoint Worship van Oos-Londen vrygestel is.
Hulle skryf: “Een aand, saggies in die nag, is ons Redder gebore. Jesus kom en word vlees om vir ons liefde te kom wys en die dood te oorwin. Nou vreesloos rus ons saggies in die nag, met die wete dat Hy by ons is, Immanuel, God is met ons, Hy IS by ons. 'n Lied in dankbaarheid vir wat ons Jesus vir ons kom doen het.”
https://youtu.be/ZF1w6m9XUtA

By Ronell Bezuidenhout “'n Gereelde inoefening van geloofsgewoontes sal ons help om, soos Augustinus gesê het, die regte goed op die regte manier lief te kan hê.” (Aangehaal uit Woestynwysheid)