Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 29 van Meditasie-reeks #Pelgrims


Listen Later

“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg”  (Mark 8:34)

In 'n klein dorpie in die Klein-Karoo sit 'n kapel hoog bo op 'n bult.  Kronkelende S-draadjies is vir die pelgrims met wit klippe uitgepak.  Jy kan net te voet by die kapelletjie uitkom en elke jaar stap die stringe gelowiges die voetpaadjie op tydens Paasnaweek.  Vroeër jare – so word vertel – was daar gelowiges wat die Goeie Vrydag die paadjie in die donker op hulle knieë begin uitkruip het.  Beploed het hulle bo aangekom, gebukkend voor die Gekruisigde.

Ek is vinnig met my kritiek: néé, dit is darem nie nodig nie. Ons is Gereformeerdes.  Ons glo mos in genade alleen! Dis nie bloeiende knieë wat ons nodig het nie, dit is geloof alleen! Tog wonder ek sommer, stap ons enigsens die – metaforiese – paadjie na Golgotha nog met bebloede en gebreekte harte, as dit nie met bebloede knieë is nie?  Verkondig ons dalk net die opstandingsboodskap, sonder die kruisboodskap?

Die bekende gereformeerde teoloog, Karl Barth, het eenmaal gesê, “Om pelgrim te wees beteken dat jy voortdurend moet terugkeer na die beginpunt van daardie naakte mensdom wat absoluut armoedig voor God staan.”  Soos Adam en Eva in die Tuin van Eden daar staan, net geklee in die naaktheid van hul sonde.     

Sonder daardie herkenning van jou eie spirituele naaktheid word die genade van God – soos Dietrich Bonnhoeffer herinner – maklik “goedkoop genade.”  Goedkoop genade is wanneer daar nie rekening gehou word met die kruis nie.  Ons moet, in ons pelgrimstog, hierdie klippie in ons hand vashou!  Net soos wat ons die opstanding in ons ander hand vashou. Die een kan nie sonder die ander een nie!

Verstaan ons nog dat “om jou kruis op te neem” álles eers gelos moet word. Dan volg die woorde: “Volg My!” En die paadjie loop reguit verder Golgotha toe. Waar jou sonde vasgespyker word…


GEBED: Here, dit is deur my belydenis dat ek U genade kan ontvang.  


KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. 

POTGOOIE:  Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op Dag 29 van #Pelgrims luister ons na die Nederlandse lied “Ik zie het kruis” gesing deur Pearl Jozefzoon.


Uit die liriek: 

Ik zie het kruis van mijn Verlosser
Ik zie het kruis waaraan Hij stierf
Daar aan het kruis droeg Hij mijn zonden
Stierf Hij mijn dood, kocht Hij mijn ziel
Ik zie het kruis van mijn Bevrijder
Ik zie het kruis van Golgotha
Die diepe pijn, de weg van lijden
Die weg is Hij voor mij gegaan


https://youtu.be/cdXVAN7FVGY


 #Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
  

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout