Sign up to save your podcasts
Or

“Kom terug … Hoe lank gaan jy nog talm, jy wat so dikwels jou eie koers gaan?” (Jer 31: 22).
‘n Bedevaart - of pelgrimstog - is ‘n heilige reis “terug huis toe.” Nie na die huis van baksteen en sement nie, maar terug na jou hartsplek. Daar waar jy hoort - in die arms van God.
Die probleem met menswees is dat ons vinnig vergeet waar ons hoort; ons vergeet aan Wie ons behoort. En wanneer ons vergeet aan Wie ons behoort, vergeet ons wie ons veronderstel is om te wees. Daarom het Jesus die “terugkeer-huistoe” gelykenis vertel (Luk 15:11-32): ‘n jong man wat na ‘n ver land loop; daar ‘n losbandige lewe lei; ‘n varkhok-lewe moet leef. En dan kom die ommekeer - presies soos Jeremia ook skryf, “Ek het weggedwaal, maar ek het berou gehad” (Jer 31:19). Al loop ons so hoe ver ons eie koers in, daar is in ons ‘n “saad-van-onthou” in watter rigting “huis” lê.
‘n Bedevaartsreis (of dit nou fisies of spiritueel is) neem jou terug huis toe. Verseker kan jy weet dat jy Iemand sal kry wat jou tegemoet hardloop. Die Een wat jou ontvang het die gesig van genade en die hart van liefde. ‘n Bedevaartsreis terug huis toe is ‘n ontdekkingsreis wat trane en skuldbelydenis insluit. Maar as jy tuis gekom het, verander jou identiteit van “wegloopkind” na “koningskind.” Soos Dawid in sy Psalm 23 skryf: “U ontvang my soos ‘n eregas. Ek word oorlaai met hartlikheid” (v6).
‘n Opdrag wat gereeld in die Bybel voorkom is “kom terug!” Waarom pleit die Here so daarvoor? Want hoe lank wil ons nou aanhou soek na antwoorde op plekke waar ons dit nie sal kry nie? Of aan leë beloftes vashou asof ons daarin vervulling sal kry? Of iemand wees wie ons nie regtig is nie? Net omdat ons vergeet watter rigting “huis” is?
GEBED: As ek op ’n verkeerde pad is, Here, draai my tog om.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die derde dag se skildery is “The Return of the Prodigal Son (Le retour de l'enfant prodigue). Lees meer by https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/4538
POTGOOIE: Jy kan die boodskappe op alle bekende potgooi-platforms luister. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 3 van #Pelgrims luister ons na "I have come too far" deur die groep Redeemed Quartet.
Uit die liriek:
I've come too far to look back
My feet have walked through the valley
I've climbed mountains, crossed rivers
Desert places I've known
But I'm nearing the home shore
The redeemed are rejoicing
Heaven's angels are singing
I've come too far to look back
https://youtu.be/wP2umGv9Nzw
@RedeemedQuartetOfficial
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
By Ronell Bezuidenhout“Kom terug … Hoe lank gaan jy nog talm, jy wat so dikwels jou eie koers gaan?” (Jer 31: 22).