Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 30 van Meditasie-reeks #Verwagting


Listen Later

 
“Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” (Open 21:4)

As daar een stelling is wat ek nog nooit mense hoor weerlê het nie, is dit dat die lewe baie pyn impliseer.  Natuurlik beleef ons ook intense vreugde, maar menswees impliseer onverstaanbare hartseer en swaarkry.  Ek ken niemand wat bid vir méér pyn nie, wel dat ons Hemelse Vader ons van ongelukke sal beskerm; ellende bewaar; siektes genees; verdriet sal troos.  Dit hoef nie eers pyn aan ons eie lyf te wees nie; ons bid vir onbekendes wat tragiese natuurrampe beleef; vlugtelinge uit oorlogsones. Dit is presies soos C.S. Lewis geskryf het:  “God fluister in ons vreugdes, skreeu in ons pyn, maar lyding is God se luidspreker waarmee ‘n dowe wêreld wakker geskok word.”  Maar waarom is dit so? Waarom hierdie vreeslike gebrokenheid? Hierop het ons nie antwoord nie, maar ek stem saam met Philip Yancey:  “Die wonde van die lewe sny diep. Dit help wel om te onthou dat die Gewonde Chirurg, Jesus Christus, al ons pyn en hartseer ook as syne beleef het.”   

En dan is daar die mooi beloftes van Openbaring wat nog in vervulling moet kom! Beloftes waaraan ons kan vashou, want die Beloftemaker is getrou.  Soos die belofte (in Open 21:5): “Pyn sal daar nie meer wees nie.”  Waar die draaiboek van elke mens se lewe by ‘n hoofstuk met trane eindig en mense moet afskeid neem, ontdek jy dat dit tog nie die laaste hoofstuk is nie.  Die ergste wat ons vrees het nie die laaste sê oor ons lewens nie.  Blaai een bladsy verder en sien die belofte raak: “Kyk, Ek maak alles nuut” (21:5).     

Dit is God se betroubare Woord.

Gebed:  Dankie, Here, dankie vir U betroubare belofte van nuutheid.

POTGOOIE:  Jy kan die dagstukkies van die #Verwagting-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Verwagting #LeefHoop #ElkeDag

MUSIEK:  Op Dag 30 van #Verwagting kyk ons na ’n grendeltydmusiekvideo van “God Will Wipe Away All Tears” deur Bernard Sexton. Klank opname deur Fran Hegarty en die soliste is Órla Barry, Sarah Waldron, Paul Gallagher en Karen O' Donovan.

Uit die liriek: 


God will wipe away all tears
God will bring you home 
To the place he has prepared for you
You shall never be alone
Storms may gather, evening fall
Daylight turn to shade
And when you earthly work is done
Do not fear, be not afraid.
There’s a time for everything
A time to be born
There’s a time to dance, to laugh
A time to weep, a time to mourn
Every plant that fades and dies
Is part of the Lord’s plan
When we die, we live anew
In God we are reborn.

https://youtu.be/itzjyk7tq0c

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout