Sign up to save your podcasts
Or

“Vir elke kyk na jouself, kyk eerder tien kyke na Jesus.” (Robert Murray McCheyne)
Oujaarsdag is vir ons bykans 'n heilige dag. More verander álles. Dit is asof ons op Nuwejaarsdag in 'n splinternuwe en skoon boek kan begin skryf. Van skooldae af onthou ek hoe ek met 'n bewende afwagting my pen gelig het om in 'n nuwe boek te skryf. Die eerste bladsy was die simbool van hoop. Met my versigtigste pogings sou ek die eerste bladsy benader – my mooiste handskrif sou vir hierdie boek beskore wees! 'n Splinternuwe avontuur lê voor.
Oujaarsdag, daarenteen, is vir terugblaai. Oujaarsdag is die dag waar die streep op die laaste bladsy van die boek getrek gaan word. Wat is die laaste sinnetjie wat geskryf sal word?
Paulus twyfel nie vir 'n oomblik wat sy “laaste wens” is nie. Eintlik nie sy “laaste” nie, wel sy “enigste”. Hy pen dit vas: “Al wat ek wens …”. Net één wens: “Al wat ek wens is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind ...” Al die ander dinge – selfs daardie dinge wat ons as bates beskou - álles is gans en al waardeloos! Asof dit nie net eenmaal gesê moet word nie, herhaal hy dit: “ek beskou alles as waardeloos” (Fil 3:7-8).
Met hierdie woorde is dit asof Paulus ons uitdaag om 'n streep deur al die ander voornemens te trek. Niks verder te skryf nie, want wat méér is daar om te sê? Is daar in die avontuur wat ons “ons lewe” noem iets wat die waarde kan oortref as om Christus Jesus, ons Here te ken? Is daar enige groter krag waaraan ons kan vashou, as die krag van sy opstanding?
Nee!
GEBED: Mag daar in ons geen ander begeerte wees nie as om U, die Emmanuel van Kersfees, te ken nie. Mag daar geen ander begeerte wees as om U, die Gekruisigde en Opgestane, se krag te ondervind nie.
KUNS: John August Swanson se sifdruk “Peaceable Kingdom” 1994.
John August Swanson, 'n Los Angeles-gebaseerde kunstenaar van Mexikaanse en Sweedse erfenis, sê sy styl word "beïnvloed deur die beelde van Arabiese en Middeleeuse sketse, Russiese ikonografie, die kleur van Latyns-Amerikaanse volkskuns en die tradisie van Mexikaanse muurskilderye." In hierdie sewe-en-veertig kleur-sifdruk herspeel Jesaja 11, 'n visioen van die skepping se herstel en vrede.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent
MUSIEK: Op Dag 31 van #AdventAvontuur luister ons na “You Will Be Found” deur Natalie Grant en Cory Asbury.
Uit die liriek:
Even when the dark comes crashing through
When you need a friend to carry you
And when you're broken on the ground
You will be found
So let the sun come streaming in
'Cause you'll reach up and you'll rise again
Lift your head and look around
You will be found
https://youtu.be/Hv6uytSfjmA

By Ronell Bezuidenhout“Vir elke kyk na jouself, kyk eerder tien kyke na Jesus.” (Robert Murray McCheyne)