Sign up to save your podcasts
Or

Ons het allerande cliché’s, soos, “jy het twee ore en een mond - daarom moet jy twee keer luister alvorens jy praat.” Dink ek na oor die tipe mens wat ek is, dan wonder ek wel of ek nie dalk meer aandag aan dié lewenswaarhede moet gee nie.
Neem nou maar die voorbeeld van luister: alle mense het 'n storie om te vertel. Nie oor almal s’n sal ’n tv-drama gemaak word nie, en nie almal s'n kom op die voorblaaie van tydskrifte nie. Van sommige stories kan ons nie genoeg kry nie; die probleem is, dat die meeste van ons nie regtig genoeg belangstel om na al die mense wat ons paaie kruis se stories te luister nie. Veral nie die randfigure s'n nie…
Om te luister vra dat jy iemand eers moet raaksien. (Seker waarom jy ook twee oë het, en nie net een nie!) Kyk ek na Jesus, leer ken ek Iemand wat moeite gedoen het om raak te sien en te luister. By Jesus leer ek die waarde van stil staan en nie weg stap nie. Want dit is waarskynlik wat mense met “die kleine Saggeus” (in Luk 19:1-10) gemaak het. As 'n geldinvorderaar was hy iemand om te vermy. Maar Jesus gaan staan stil. Hy sien raak. So belangrik is Saggeus vir Jesus dat Hy tyd saam met hom wil spandeer; daarom gaan eet Hy by Saggeus.
Hierdie verhaal leer ons meer van Jesus as van Saggeus. Raaksien en luister is tekens van genade. Deur raak te sien en te luister (m.a.w. om tyd vir mense te maak) is lewensveranderend. Kan jy jou indink hoe Saggeus se lewe (of ons s’n) sou lyk as Jesus verbygestap het?
Jy kan nie aan ’n medemens 'n groter geskenk gee as jou aandag nie. Dit is hoe 'n mens genade bewys.
GEBED: Here, U sien my raak. Leer my om ander raak te sien en genade te bewys.
KUNS: “Jesus en Saggeus” deur die Japanese kunstenaar Soichi Watanabe. Die kunstenaar toon die vreugde van Saggeus in die vorm van 'n geel blom.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op die Dag 4 van ons reeks #Herbesoek luister ons na ’n Country-musiek weergawe “Zacchaeus” deur Jim Lauderdale, Ralph Stanley en The Clinch Mountain Boys. Dis op hulle album “Lost In The Lonesome Pines”.
https://youtu.be/YoQRzwSO1qQ
By Ronell BezuidenhoutOns het allerande cliché’s, soos, “jy het twee ore en een mond - daarom moet jy twee keer luister alvorens jy praat.” Dink ek na oor die tipe mens wat ek is, dan wonder ek wel of ek nie dalk meer aandag aan dié lewenswaarhede moet gee nie.