Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 5 van meditasie-reeks #Herbesoek


Listen Later

Soveel dinge ontglip ons aandag bloot omdat ons “op honderd plekke” gelyktydig is.  “Multi tasking,” spog ons. Maar, vra jouself af, wat gaan dalk alles by jou verby terwyl jy so doenig-doenig-doenig is?

Soveel kere leef ons ook so met God.  Soms luister ons aandagtig.  Maar, soms is ons aandag op ander plekke.  C.S Lewis het eenmaal geskryf, “God fluister in ons plesierigheid;  God roep uit na ons in ons pyn; maar lyding is God se luidspreker wat ’n dowe wêreld wakker wil maak.”  Die wysheid sê nie iets van God nie – God is altyd daar!  Maar wat neem dit God nie alles voor ons luister nie.  Waarom het ons eers 'n ramp nodig om op ons knieë te kom?   

Was dit nie ook die profeet Elia se probleem nie. Hy wou God so graag sien. As God tog net met hom sou praat.  Daarom het hy homself gereed gemaak om die “magtige dreuning” van God te beleef.  Dit is immers God, die Almagtige!  Maar hoe verstom moes Elia nie wees toe God in die alledaagse, soos ’n fluistering in die windstilte, verskyn nie (1 Kon 19:12). 

Paulus bid in Fil 1:9-10, “Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom.”  Laat die belangrike van die lewe ons tog net nie ontglip nie! Mag die liefde ons die gawe van 'n sensitiewe hart en 'n sensitiewe oor gee, sodat ons werklik kan luister én hoor!  Mag ons ook gestroop word van al ons vooropgestelde idees van hoe en waar God behoort te wees; of deur wie God met ons sal praat.  En mag ons aanhou om die God vol verrassings te soek.  Immers leef ons met die belofte, “Julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart” (Jer 29:13).

GEBED:  Ek bid vir die gawe van luister en sien, my Here.



KUNS:  Pierre Édouard Frère, Franse kunstenaar: “Kind bid by Moeder se knie” (1864) grafiet en waterverf met dik, gladde geweefde papier.

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op die Dag 5 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “10,000 Reasons” deur die Drakensberg Seunskoor.   Oorspronklik deur Jonas Myrin en Matt Redman.

Uit die liriek: 

Bless the Lord, O my soul, O my soul
Worship His holy name
Sing like never before, O my soul
I'll worship Your holy name
The sun comes up, it's a new day dawning
It's time to sing Your song again
Whatever may pass and whatever lies before me
Let me be singing when the evening comes


https://youtu.be/ET53Q7O4wAM


...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout