Sign up to save your podcasts
Or

’n Doolhof noem mense soms ’n verdwaaltuin (dalk meer bekend in Engels as ’n “maze”). 'n Doolhof is iets anders as 'n labirint ('n heilige sirkel). Hierdie is die twee woorde waaraan ek skielik dink. Wat gaan 2023 vir ons wees? Doolhof of labirint? Dit neem nie juis 'n glasbal vir die analiste om 'n voorspelling te maak nie: “maak julle gereed vir 'n moeiliker jaar.”
“Dalk” is ‘n goeie naam vir ‘n dwaaltuin. Dalk hier … nee wag, dit is 'n doodloopstraat. Hierdie gangetjie? Nee, dis waar ons dan begin het. Al moedeloser. Tyd vir handdoek ingooi?
’n Labirint, daarenteen, is nooit ’n “dalk” nie - al voel dit soms so. Links-om, regs-om. Ja, soms voel dit asof dit nooit gaan stop nie. Maar een ding weet jy: daar is net één ingang, net één middelpunt en net één uitgang. Jy sal die wenstreep bereik met “die oog gevestig op Jesus” (Heb 12:2). Vertroue en geloof leer jy algaande terwyl jy aanhou neurie, “Jesus, U gaan voor - ons volg in u spoor.”
In die boek, “Thunder Dog” word die ware verhaal vertel van Michael Hingson, wat ’n noue dood op 9 September 2001 ontkom het. Enkele minute voordat een van die torings van die World Trade Centre in duie gestort het, het hy veiligheid bereik. Die uniekheid van die storie is dat Michael Hingson blind is. Dit is danksy sy gidshond, Roselle, dat hy - vanaf die 78ste vloer - tot by “Ground Zero” kon kom. Met geen sekerheid vooraf waar sy hom heen gaan lei nie; maar hy het Roselle vertrou.
Mag ons leer om ook met blinde geloof die Heilige Gees toe te laat om ons te lei. Met hoopvolle sekerheid die “Middelpunt van ons Verlange” as Reismaat te hê. Die pad wat begin by die Alfa en eindig by die Omega.
GEBED: Nog altyd het U ons gelei. Dankie dat hierdie jaar nie anders sal wees nie, ons Here.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op die Dag 6 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na ’n musiekvideo van Nederland Zingt se opvoering van “Middelpunt van ons verlangen”. Begelei deur klavier, hobo en fluit sing die Mannekoor Albatros saam met die gehoor. Hierdie lied is op 26 Maart 2013 in die Martinikerk in Groningen opgeneem.
Uit die liriek:
Middelpunt van ons verlangen,
trooster van 't ontrust gemoed,
Jezus, onze dankb're zangen,
loven Uwe liefdegloed.
Gij woudt van de hemel dalen,
op deez' diep bedorven aard',
en voor ons de schuld betalen,
die ons bang gemoed bezwaart.
https://youtu.be/Ps_xv4AsIyc
By Ronell Bezuidenhout’n Doolhof noem mense soms ’n verdwaaltuin (dalk meer bekend in Engels as ’n “maze”). 'n Doolhof is iets anders as 'n labirint ('n heilige sirkel). Hierdie is die twee woorde waaraan ek skielik dink. Wat gaan 2023 vir ons wees? Doolhof of labirint? Dit neem nie juis 'n glasbal vir die analiste om 'n voorspelling te maak nie: “maak julle gereed vir 'n moeiliker jaar.”