Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 7 van Meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“Advent is die seisoen vir rustelose harte en mense wat moeg is vir die gebroke wêreld wat wil weet dat daar iets meer is as dít.” (Philip F. Reinders)
Onthou jy die pamflet van die reisagentskap - “Kom geniet die grootste avontuur van jou lewe” (#2). Dit kan net sowel uitloop op 'n reuse teleurstelling.  “Is dit nou dít,” wil jy uitroep.  Dit kan mos nie net “dit” wees nie!  “Maar wat het jy dan verwag?” kan iemand vra. “Wel, minstens iets meer as net dít.” Dit is amper soos Kersfees wat aanbreek: die heerlike familie-etes; geskenke oor-en-weer uitdeel … en dan gaan die lewe maar weer net gewoonweg aan.  
Soms voel 'n mens so oor jou lewe ook. “Is dit waarvoor ek myself afgesloof het?” wonder die persoon wat uiteindelik met pensioen gaan. “Het my eie lewe dan tot stilstand gekom, net omdat ek kinders moet grootmaak?” “Ons moes saam oud geword het, en nou sit ek hier alleen?”  
Niks aan Advent is eintlik opwindend nie. Dit skop die nuwe kerklike jaar af, maar eintlik is daar min opwinding. Eintlik is ons bloot moeg! Moeg van duurder lewenskostes; begrotings wat nie wil klop nie; stukkende motors; stukkende harte; 'n stukkende wêreld.  “Is dit nou dít!” 
Die avontuur van geloof, hoop en liefde is nie 'n towerstaf om 'n opdraande pad eensklaps gelyk te maak nie.  Die avontuur is 'n verhouding met Iemand - Iemand met 'n Naam: “Wonderbare Raadsman; Sterke God; Ewige Vader, Vredevors” (Jes 9:5).  Iemand wat voor jou loop; agter jou aan; langs jou; binne-in jou. 
Jesus se geboorte gebeur in die gewone alledaagse lewe van skaapwagters wat 'n wintersnag in die veld moet deurbring met hul diere; en 'n man wat vir sy swanger vrou slaapplek vir die nag soek. Maar, dit is 'n gebeurtenis wat terselfdertyd engele lofliedere laat sing. Dit is werklik “Goeie Nuus” wat 'n verskil in ons gewone lewens wil maak.
GEBED:  Here, U maak van gewoon buitengewoon. 

KUNS:  Bernardo Castello se “Geburt Christi” (1620)
POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent


MUSIEK:  Op Dag 7 van #AdventAvontuur luister ons na “Vredevors” deur Kobus Mostert.  Kobus en sy vrou Rolindie Mostert is jeugpastore by die Every Nation Gemeente op Klerksdorp. 

https://youtu.be/nyIGCO99eZ4


...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout