Sign up to save your podcasts
Or

Sola Gratia. Genade alleen. Dit is die kern van ons geloof: daar is niks wat ons kan doen dat God ons liewer sal hê nie; en daar is niks wat ons kan doen dat God ons minder lief sal hê nie. Ek wonder net waarom is ons steeds soms “sê-nou-maar-net”-gelowiges? Sê nou maar net ek glo nie reg nie. Sê nou maar ek leef nie toegewyd genoeg nie. Dan verstaan ons nie genade nie!
Selfs 'n groter mis-verstaan van genade is wat Dietrich Bonnhoeffer noem, “goedkoop genade.” Dit is wanneer ons onsself mislei deur te dink ons kan steeds aanspraak maak op genade, terwyl ons ons eie selfgerigtheid en selfverryking vertroetel. Dit is juis waarvan God ons wil bevry: om vry te wees van die verslawing aan onsself en ons eie vernietiging! Eers wanneer jy daardie vryheid aanvaar, verstaan jy dat genade nooit vir jouself gehou kan word nie. Genade is soos liefde: dit moet gedeel word.
Genade breek die kettings van slawerny. Daarom sê Paulus, “Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees” (Gal 5:1). Geen mens is só vry soos die een wat hulself vrywillig prysgee ter wille van ander nie! Soos Elvis Blue sing: “Dis net die een wat bereid is om als op te gee wat kan sê ek het meer as genoeg.” Ons beste voorbeeld van “vry om prys te gee” leer ons by Jesus self ken: “Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak … en begin om sy dissipels se voete te was …” (Joh 13:3-4).
Sola Gratia! Daarom kan ons mekaar met genade dien!
GEBED: Here Jesus, geen Mens was vryer as U nie, en steeds het U gekies om 'n slaaf ter wille van mense te word. Wys my ook hoe.
KUNS: Lucas Cranach the Elder se “Wet en Genade”, 1529. Tempera op lindehout. Tans in die Kasteelmuseum Schloss Freidenstein, Gotha, Duitsland.
POTGOOIE: Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op die Dag 7 van ons reeks #Herbesoek kyk ons na 'n inspirerende kunsmusiekvideo geskep deur Zach Stewart van die lied “Grace Alone (Sola Gratia)” Die woorde en musiek is deur Langa Mbonambi en Ndumiso Manana.
Uit die liriek:
Whilst hearts were far and hard as stone
To sin and violence predisposed
The kindness of the one offended
With nail pierced hands the chasm mended
’Twas God who reached to draw us close
’Twas he alone that none may boast
Salvation’s work we cannot own
’Twas grace alone that none may boast
His grace alone that none may boast
https://youtu.be/iPdnVEsOT9A
By Ronell BezuidenhoutSola Gratia. Genade alleen. Dit is die kern van ons geloof: daar is niks wat ons kan doen dat God ons liewer sal hê nie; en daar is niks wat ons kan doen dat God ons minder lief sal hê nie. Ek wonder net waarom is ons steeds soms “sê-nou-maar-net”-gelowiges? Sê nou maar net ek glo nie reg nie. Sê nou maar ek leef nie toegewyd genoeg nie. Dan verstaan ons nie genade nie!