Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 8 van meditasie-reeks #Herbesoek


Listen Later

Onlangs het ek die uitnodiging gekry om 'n erediens in 'n informele nedersetting ('n plakkerskamp) te gaan hou.  Dit is nie 'n plek waar ek gereeld kom nie; daarom kon ek my blind hou vir die onbeskryflike armoede wat mense beleef.  Maar nou kan ek nie meer nie.  Ek het gesien; ek sal nooit weer kan sê, ek het nie geweet nie! 

Ek hoor mense sê, “die armes sal ons altyd met ons hê.” Ek hoor ook mense sê, “ons kan nie net uitdeel nie.” En ek hoor ook, “dit is maar hoe dinge is.” As gelowiges kan ons nooit mense aan hulle eie lot oorlaat nie. Jou swaarkry is my swaarkry. Juis daarom het Jesus vir die dissipels gesê, “Ek kry hierdie mense innig jammer. As Ek hulle nou sonder kos huis toe stuur, sal hulle langs die pad beswyk.”  Jou naaste se honger is jou honger, al wonder jy ook: “Waar sal 'n mens in hierdie verlatenheid genoeg brood vir hulle kan kry?” Dan kom die eenvoudigste antwoord:  “Hoeveel brood het julle?” (Mark 8:1-9).

Die filosoof, Edward Schillebeeckx, het gesê, “Dit wat jy alleen droom, bly 'n droom; wat jy saam met ander droom, kan van 'n droom 'n werklikheid maak.”  Een druppel water beteken niks. Maar hou ‘n emmer onder daardie druppende kraan en kyk dan!  Dalk voel jy ook oorweldig deur al die ellende. Maar stel jou voor dat jou gemeente op 'n Sondag van die nood in julle omgewing hoor. En stel jouself voor iemand staan op en sê, “ons moet iets doen.” Nóg iemand staan op, “ek stem saam!” Stel jou voor die hele gemeente staan op…    

Alleen hoef ek nie alles te doen nie.  Gelukkig verwag God dit ook nie.  Daarom leer ons, “Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer in hulle werk” (Pred 4:9-12 NLV).

GEBED: Here, durf ek nog wag as ek weet wat U verwag?


KUNS: Mosaïek bewaar uit die Bisantynse tydperk by die Kerk van die vermenigvuldiging van die brode en die visse in Tabgha, aan die See van Galilea.

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op die Dag 8 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “Five Loaves and Two Fishes” deur Corrinne May. 

Uit die liriek:

The hours passed so quickly, the day turned to night
Everyone was hungry but there was no food in sight
The boy looked in his lunchbox at the little that he had
He wasn't sure what good it'd do, there were thousands to be fed
But he saw the twinkling eyes of Jesus
The kindness in His smile
And the boy cried out
With the trust of a child
He said:
"Take my five loaves and two fishes
Do with it as you will
I surrender
Take my fears and my inhibitions
All my burdens, my ambitions
You can use it all to feed them all"

https://youtu.be/h_ri3nI3tHQ

Corrinne May is 'n Los Angeles-gebaseerde Singapoerse musikant, sanger en liedjieskrywer.

#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/




...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout