Sign up to save your podcasts
Or

“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Heb 11:1)
“Berekendheid” en “waarborge” is vir moderne mense belangrik alvorens ons besluite neem. Nie vir die gelowiges van Hebreërs 11 nie. By hulle leer ons van “blindelings glo” en “hoopvolle sekerheid.” In Heb 11:8 staan bloot: “Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het … Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.” Net dit: “gaan, Ek sorg!” Blindelingse geloof. Hoopvolle sekerheid.
Soos Stefanus ook sou sê, “toe Abraham nog in Mesopotamië was (vandag se Iraq) … het God vir hom gesê: ‘Trek uit jou vaderland uit, weg van jou familie af, en gaan na die land toe wat Ek vir jou sal wys’” (Hand 7:2 e.v). Haal jou hoed vir Abraham af: hy vertrek uit Ur (in Iraq) noordwaarts na Haran (in Turkeye), dan terug deur Kanaän, en eindig – ver suid - in Egipte! Net omdat hy ‘n opdrag gekry het van “die Here, God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde” (Gen 14:22). Blindelingse geloof. Hoopvolle sekerheid.
Was Abraham ‘n besondere man? Ek weet nie. Ek weet wel dat hy voete van klei gehad het. Waarom sou hy sy vrou wou “inruil” by die Egiptiese Farao (Gen 12:10)? Waarom sou hy ‘n kind by ‘n slavin gehad het, t.s.v. God se beloftes van ‘n nageslag (Gen 16)? Ek dink hy was maar soos ons: net ‘n gewone mens, maar een wat bereid was om met die Skepper van hemel en aarde ‘n kans te waag.
Ek wonder wat God wil hê ons hieruit moet leer? Ek wonder nie, eintlik weet ek! Dieselfde as wat God van Abraham gevra het: Blindelingse geloof en hoopvolle sekerheid.
GEBED: Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde, U vra niks waarvoor U ook nie mildelik voorsien nie.
KUNS: Al ons daaglikse kunswerke vir die #Pelgrims-reeks in November is deel van ’n stel van 350 waterverfskilderye (1886 – 1894) deur die Franse skilder James Tissot. Almal is op ondeursigtige waterverf oor grafiet op grys geweefde papier. Dis aangekoop in 1900 vir die Brooklyn Museum en is in die volksmond bekend as “The Life of Christ”. Die agtste dag se skildery is The Blind in the Ditch (Les aveugles dans le fossé). https://www.brooklynmuseum.org/opencollection/objects/13417
POTGOOIE: Luister ook op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Pelgrims #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 8 van #Pelgrims kyk ons na die liriekvideo van “Don't Be Afraid” deur Tom Mottershead.
Uit die liriek:
Don’t be afraid
For the Lord God is with you
Wherever you are
Don’t be dismayed
For the Lord God is with you
Wherever you go
When I’m wandering, you remind me I’m safe here, held in your heart
When I’m afraid, I know I can always run to your arms
https://youtu.be/T-gByinq_2w
By Ronell Bezuidenhout“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Heb 11:1)