Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 9 van Meditasie-reeks #AdventAvontuur


Listen Later

“Die siel moet na God verlang om deur God se liefde aan die brand gesteek te word. Om te verlang na die verlange kom direk van God.    (Meister Eckhart)
Verlange en afwagting is liefdestaal. “Eenrigting-verlange” is eensaamheid.  Maar “tweerigting-verlange” skep afwagting totdat beide by mekaar is. Dit is soos die een wat op die stoep gaan staan om te sien of daar nie dalk al ligte in die straat aankom nie. Die motorbestuurder ry met dieselfde afwagting, elke kilometer is ‘n kilometer nader aan die een wat jy weet vir jou op die stoep inwag.   
Julian van Norwich, die 13de eeuse teoloog, het gesê dat dit nie net ons is wat tydens Advent die taal van verlange en afwagting praat nie. God verlang ook. Sy skryf: “Omdat God Liefde is, verlang God na wie Hy liefhet.”  Dink net, by God is daar net so ‘n dors na ons, soos wat die Psalmdigter sy dors na God besing. Die verlange na “tuiskoms” is meervoudig – dit is ook God se verlange! 
Laat hierdie woorde jou nie ook dadelik ‘n bekende beeld herroep nie? Dit is mos immers hoe die Genesisskrywer God vir ons uitbeeld -  die Soekende en Verlangende God! Die God wat nie tot rus kan kom voor die een wat wegkruip nie terug in God se arms is nie. Daarom roep God, “Mens, waar is jy?” (Gen 3:8-9). 
Wanneer Jesus in Joh 15:1 vertel dat Hy na die woning van sy Vader gaan, daar waar daar vir ons almal plek is, leer ken ons die Verlangende Christus: “as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is”(Joh 15:3).
Elke Kersfees wat ons vier is ons een Kersfees nader aan dié vervulling van Jesus se belofte. Verlange en afwagting vir altyd gestil!    

GEBED:  Here, my hart brand van verlange. 

KUNS:  Digitale kunswerk deur Britse kunstenaar Marco Cazzulini: “Choral Cathedral” (2017). 

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

#AdventAvontuur #LeefHoop #ElkeDag #Advent


MUSIEK:  Op Dag 9 van #AdventAvontuur kyk ons na die pas vrygestelde musiekvideo van “O What A King” deur Katy Nichole.

Uit die liriek:

Who am I that you would choose me
Just a lowly girl from a simple family
Who am I that angels speak my name
Called to be the mother of the one who comes to save
O what a king
Emmanuel, God with us
The world will call you Jesus
I will call you son
O what a king
Heaven bows before you
Your mother, she adores you
Long awaited one
O what a king
https://youtu.be/EQ-g4nPv-X4

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout