Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Dag 9 van meditasie-reeks #Herbesoek


Listen Later

Êrens lees ek hierdie definisie van liefde raak:  Liefde is om jou eie agenda opsy te stoot ter wille van die welsyn van iemand anders. Dit is dalk 'n vanselfsprekende gedagte as jy 'n huwelikspaartjie is wat voor die kansel staan. Dit is egter iets heel anders as die harde werk van lief hê op jou wag. Die Hebreeuse woord wat die meeste vir liefde gebruik word, is afgelei van 'n ander werkwoord:  “om te gee.”  

Waar ons spontaan aan liefde as 'n emosie dink, beteken “om te gee” dat jy kan kies aan wie jy jou liefde wil uitdeel en vir wie wil jy jou liefde ontneem.  Vir die meeste van ons is liefde transaksioneel, met ander woorde, jy is bereid om energie in ‘n verhouding te belê, omdat jy self iets daaruit kry.  Liefde vir die meeste van ons is ‘n tweerigting-aktiwiteit. Maar hierdie definisie van liefde skuif die transaksie-deel (dat ek ook daarby sal baat) op die agtergrond. Werklike liefde is wanneer jy prysgee, sonder enige verwagting of bymotiewe. Waarom sal jy dit wil doen? Omdat jy bloot kies om dit te doen.

Soos Dawid destyds aan Mefiboset, die seun van Jonathan, bewys het. Gaan lees 2 Samuel 9:1-7, en jy sal waarskynlik daar een van die mooiste liefdesverhale teëkom.  Die verhaal van “hesed-liefde” (wat ons in Afrikaans met barmhartigheid vertaal.) Maar dit is veel meer.  Hesed-liefde is om aan iemand onverdiende vriendelikheid en vrygewigheid te bewys – sommer net.  Daar is geen ander wyse waarmee ons God se goedheid vir iemand kan demonstreer as deur barmhartigheid nie.  Omdat dit is hoe God is. Soos Paulus (in Ef 2:4) skryf:  “God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak.”  Waarom? Omdat God wou!

Dit is ware liefde!

GEBED:  U is ons Hesed-God:  liefdevol en genadig; standvastig en goed. Maak van my ‘n hesed-mens, asseblief!


KUNS: “Liefde van God” deur Gregorio Sweet (2017) 

POTGOOIE:  Luister na vandag se boodskap op alle bekende potgooi-platforms. https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


#Herbesoek #LeefHoop #ElkeDag


MUSIEK:  Op die Dag 9 van ons reeks #Herbesoek luister ons na “Hou Aan Met Glo” deur Dewald Gouws en Jannie Moolman.
Dewald Gouws en Jannie het dié lied in grendeltyd geskryf met die doel om mense te bemoedig met die boodskap in hul harte deur musiek.
“Die lied is ’n hierdie treffende opdrag wat gelowiges herinner aan die mosterdsaadgeloof en die diep wete en verstaan dat die Here steeds in beheer is ongeag uitdagings,” skryf hulle.

https://youtu.be/xhw1oy67SeI

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoudeBy Ronell Bezuidenhout